Old Mutual ondersteun buurtwagte
Reeds meer as N$450 000 belê
Buurtwagte kan aansoek doen om die borgskap van toerusting ter waarde van N$80 000 te bekom.
In ’n poging om verskeie buurtwagte in Namibië te ondersteun, het Old Mutual in Junie 2021 'n buurtwag-ondersteuningsinisiatief van stapel gestuur waar hulle alle geregistreerde buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsgroepe in die 14 streke van die land genooi het om aansoek te doen vir ’n borgskap van toerusting met ’n totale waarde van N$80 000.
“Die doel is om buurtwagte in staat te stel om misdaad in hul onderskeie gemeenskappe te help bekamp en inisiatiewe om misdaad te voorkom in hul gemeenskappe te versterk,” lui ’n mediaverklaring wat deur Old Mutual se waarnemende bemarkings- en kommunikasiebestuurder, me. Ashante Manetti, uitgereik is.
Old Mutual het 63 aansoeke ontvang en ná 'n streng keuringsproses is slegs 10 buurtwagte gekies.
“Daarna is die kortlyskandidate genooi om 'n 15 minute-aanbieding aan 'n paneel voor te lê om hul aansoek te motiveer. Die paneel het uit eksterne en interne beoordelaars bestaan wat die finale topdrie-wenners gekies het.”
Die Kappsfarm- (Khomas), Aus Agri- (||Kharas), en Namib-buurtwag (Hardap) is gekies en elkeen het materiaal en toerusting van hul keuse ter waarde van N$25 000 ontvang.
Pryse van N$2 500 elk is ook aan die Smarties Okahandja-buurtwag in die Otjozondjupastreek en die Swakopmund Crime Stoppers toegeken.
Old Mutual beplan om vanaf vandeesmaand tot Februarie 2023 vyf buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsgroepe kwartaalliks met toerusting of materiaal van hul keuse ter waarde van N$20 000 te ondersteun.
ONDERSTEUN REEDS VANAF 2015
Old Mutual bied reeds vanaf 2015 ondersteuning aan inisiatiewe vir die voorkoming van gemeenskapsmisdaad, in samewerking met die Namibiese polisiemag, deur sukkelende geregistreerde buurtwagte in Namibië te identifiseer en met die nodige materiaal en toerusting toe te rus.
Old Mutual het vanaf 2018 tot 2020 meer as N$450 000 in buurtwagprogramme belê deur onder meer kringtelevisiekameras, uniforms, flitsligte, toegangsborde en magnetiese plakkers te skenk en alles is van plaaslike verskaffers aangekoop.
HOE DOEN JY AANSOEK?
Deelnemers word versoek om bewys van registrasie van hul buurtwag by die regulerende owerhede (Nampol en Buurtwagvereniging) in te dien, asook volle name en kontakbesonderhede van sy beheerlede.
Aansoekers kan enige aangetekende misdaaddata soos getuigskrifte van hul pogings en bewyse van hoë misdaadgebiede en brandpunte insluit om hul saak te versterk.
Die buurtwag of gemeenskapspolisiëringsgroep kan hul aansoeke aan Old Mutual Foundation na die e-pos [email protected] stuur.
Die sperdatum vir aansoeke is Sondag 3 April 2022. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie