Ombudsman se kantoor beplan uitreikveldtog
Wil openbare vertroue 'n hupstoot gee
Die kantoor van die ombudsman hoop om deur ’n uitreikveldtog na verafgeleë gebiede in Namibië diegene te bereik wat nie in staat is om hul griewe te lug nie.
“Ons hoop om deur dié inisiatief vertroue tussen ons kantoor en die publiek te kweek. Ons wil hulle touwys maak en hulle verseker ons is daar om hulle te help. Hulle klagte moet net binne een van ons mandate val en meriete het,” het die kantoor van die ombudsman se woordvoerder, Aurelia David, gesê.
Die ombudsman van Namibië, Basilius Dyakugha, sê Namibiërs ken nie die prosedure om hul klagtes te lug nie en daarom mag hulle dalk voel dat sy kantoor hulle faal.
“Mense lug talle kere hul griewe oor swak diens by staatsinstansies, maar hulle moet eers hul griewe by die betrokke instansie lug.
“Indien hierdie instansie nie reageer of ’n bevredigende antwoord verskaf nie, dán kan jy die ombudsman nader. Die ombudsman is veronderstel om die laaste opsie te wees,” het hy gesê.
David het gesê: “Klaers is dikwels ontsteld oor die uitkoms van ondersoeke wat nie tot hul voordeel strek nie, maar ons kan nie waarborg dat die uitkoms altyd in die guns van die klaer sal wees nie. Ons kan wel waarborg dat ons alles in ons vermoë sal doen om tot ’n regverdige gevolgtrekking te kom.”
Die uitreikprogram sal diegene baat wat nie gewoonlik die kantoor van die ombudsman kan bereik nie. Hulle sal die kans gegun word om hul klagtes in te dien, volgens David.
“Ons hoop dat die publiek deur die uitreikprogram die mandate van die ombudsman en dit wat ons kantoor vir hulle kan doen, beter sal begryp,” het sy gesê.
Die kantoor van die ombudsman beplan ook om tronke te besoek ter bewusmaking van die ombudsman se mandaat en om klagtes in te samel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie