Onderwysers bly in sinkhuise
Met geen toiletgeriewe
Die eenvertrekhuise word gebruik as slaapkamer, kombuis en badkamer.
Tuyeimo Haidula en Enzo Amuele – Onderwysers aan die Primêre Skool Onamatanga in die Omusatistreek woon tans in sinkhuise wat hulle self moes oprig.
Die eenvertrekhuise word gebruik as slaapkamer, kombuis en badkamer aangesien die skool ook nie oor stortgeriewe beskik nie. Die onderwysers gebruik ’n kombuis, wat uit houtpale gebou is, om maaltye vir die skool se voedingsprogram voor te berei.
Toe ons susterkoerant Namibian Sun die skool Dinsdag besoek het, is die voedingsprogram tot stilstand geruk – nadat die skool se skoon water opgeraak het, en ’n bestelling by die distrikskantoor vir onderwys moes plaas om die tenks weer te laat volmaak. Dit kan tot twee weke duur voordat die water weer aangevul word.
Onderwysers en die skoolhoof, Johannes Shaanika, probeer al die afgelope agt jaar om die ministerie sover te kry om voldoende behuising vir die skool se onderwysers te bou. Die skool het ook nie behoorlike toiletgeriewe nie, met van leerlinge tot personeel wat hul nood in die bosse moet verlig.
“Ons staar ’n reuseuitdaging in die gesig. Dit is ons ghetto, dit is ’n drie-in-een. Ons gebruik dit terselfdertyd as ’n kombuis, badkamer en ’n slaapkamer,” sê een van die onderwysers, Asteria Iipinge.
Natalia Kapolo sê tydens die reënseisoen raak die kamers erg koud en uiters warm en ondraaglik in die somer.
“Dit is so warm soos ’n mikrogolf. Ons het die regering nodig om vir ons ordentlike behuising te bou, want ons kry regtig swaar,” sê Kapolo.
Maria Johannes vertel hulle kan eers ná vyf in hul huise gaan omdat dit gedurende die dag te warm is.
“Tydens die reënseisoen raak dit nog erger. Ons pak handdoeke om te keer dat skerpioene inkom. Ons kan nie hier kook nie,” sê sy. Van die huise oorstroom glo ook.
Volgens Shaanika bestee die onderwysers die meeste van hul vrye tyd op die skoolgronde omdat hulle nie hul lesse in die sinkhuise kan voorberei nie. Leerlinge moet sowat 30 km stap om skool by te woon, ’n situasie wat nie uniek aan Onamatanga is nie, maar wydverspreid in dié streek voorkom. Ouers is ook bekommerd oor hul kinders se veiligheid as gevolg van die wilde diere in die omgewing.
Die skool wat 129 leerlinge en sewe onderwysers akkommodeer, het ook nie genoeg klaskamers nie. Graad 5- en 6-leerlinge word onderrig in sinkafskortings sonder ’n vloer.
In ’n stadium het die leerlinge onderrig in ’n oop veld ontvang. Tans word die graad 1’s en 2’s saam onderrig, waartydens leerlinge by lesse saam met ander leerlinge aansluit om die onderrigruimte optimaal te benut.
Shaanika sê die skool het ten minste drie klaskamers nodig en het by die regering en sakelui gepleit om tot hul redding te kom om omstandighede vir beide die leerlinge en personeel te verbeter.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie