‘Ons trek nie, ons stem nie’
Uitsettings word Vrydag verwag
Inwoners van die informele nedersetting RCC Kamp op Okahandja weier om die grond te verlaat te midde van uitsettingsbriewe.
Inwoners van Okahandja se nedersettings sê hulle sal nie hul samewerking gee wanneer hulle na verwagting Vrydag die gebied, bekend as die RCC Kamp, moet verlaat nie.
Else Kehinana woon al sedert 1995 in een van die huise wat die staatsbeheerde Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) oorspronklik gebou het.
Sy sê inwoners het verlede maand uitsettingsbriewe ontvang.
“Ons het geweier om die brief te vat,” sê sy.
Sy en haar bure is ontevrede dat die grond waar haar kinders grootgeword het, nooit aan inwoners te koop aangebied is nie.
Dit ten spyte daarvan dat inwoners glo steeds die munisipaliteit vir water en dienste betaal.
Die RCC het die grond ter sprake al in 2011 aan ’n George Gariseb verkoop. Dit volgens inligting op rekord wat die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Alfonso Tjitombo, met die koerant gedeel het.
Hy sê die RCC het in Maart 2017 aan Okahandja se dorpsraad geskryf, nadat die staatsonderneming besef het die munisipaliteit stuur steeds fakture aan die maatskappy.
Kennis (30 dae) is daarna op 2 Februarie 2018 aan inwoners gegee om die grond te verlaat. Inwoners het egter beswaar gemaak teen die kort kennisgewing wat hulle as onredelik beskryf het.
“Vier jaar later, op 20 Augustus 2022, het prokureurs namens Gariseb aan die munisipaliteit geskryf,” sê Tjitombo.
Die nuwe eienaar se aanspraak tot die grond word in die dorpsraad se notules van Junie 2011 bevestig, wat aandui dat hy nege erwe van altesaam ongeveer 6 000 vierkante meter verkry het.
Tjitombo sê die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het in Oktober verlede jaar skriftelik bevestig dat die verkoop van die grond geldig is.
In Mei vanjaar is 20 erwe in Ekunde no. 4 vir RCC-inwoners opsy gesit, alhoewel Tjitombo erken geen dienste is al na die gebied aangelê nie. Die nuwe Ekunde 4-woongebied is ook langs ’n stortingsterrein geleë.
“Hulle sê iemand het die plek kamma vir N$100 000 gekoop, maar wat van ons wat al jare hier bly? Wat van ons kinders wat hier gebore is,” wil Kehinana weet.
Nog ’n Okahandja-inwoner wat al gewoond daaraan is om “onwettig” genoem te word, is me. Rosaline Urises, lid van die Kleinsaamstaan-gemeenskapskomitee.
Sy bly al tien jaar in die nedersetting waar die munisipaliteit niks regmaak nie, sê sy.
Inwoners van sowat 280 huise doen deur die komitee maar wat hulle vir hulself kan doen, het Urises gesê.
Die inwoners het glo ook aan Okahandja se burgemeester, Isaskar Katuuo, geskryf om hulp aan hulle te bied, ook in sy hoedanigheid as ’n raadslid vir Cenored, die streek se kragverspreider.
“Die erwe is te klein en ons het geen eienaarskap nie, dus kan hulle ons nie help nie,” sê sy. Ook net een openbare waterkraan dien die hele gemeenskap, voeg sy by.
Elizabeth Jansen van Promised Land en Christine Khoases, ook van RCC Kamp, stem saam dat inwoners van informele nedersettings op Okahandja ontevrede is.
Hulle soek dienste en eienaarskap van grond, dring sy aan.
“Wat is so moeilik om ons toe te laat om die grond te koop,” vra sy, “of om vir ons dienste te gee waarvoor ons sal betaal?”
Jansen sê: “Ons soek nie verkiesingsveldtogte hier nie. Ons sal nie stem nie. Ons soek grond. Ons soek dienste,” het sy gesê.
Die groepe het ook gesê enige poging deur Red Force wat die munisipaliteit aangestel het om skuld in te vorder, om hul huise af te vat, sal teengestaan word.
Die inwoners het vroeër vanjaar na die hoofstad opgeruk en voor Uutoni se kantoor betoog.
Nadat dit geen vrugte afgewerp het nie, het inwoners ook verlede maand na die kantoor van die eerste minister opgeruk.
Volgens die gemeenskapsaktivis en organiseerder van die betogings, Sethy Gariseb, is genoeg nou genoeg.
“Ons kan nie so lank wag nie. Die eerste minister kan daarvan vergeet om in Okahandja verkiesingsveldtogte te kom hou, en as hulle wil hê ons moet opstaan (en weggaan) sal hulle ons moet doodmaak,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie