‘Ons wil mense laat voel hulle behoort’
“Ons wil ’n ingesteldheid skep vir inwoners wat hier gebore is en wat hulle hele lewe lank hier gewerk het. Ons wil vir hulle die versekering gee dat Oranjemund nie ’n spookdorp sal word nie.
“Ons kan dit egter net met die hulp van die hele gemeenskap regkry. Die gemeenskap moet betrokke raak en aktiewe lede van die gemeenskap word. Raak betrokke – of dit nou in ֹ’n besigheid is of in een van ons gemeenskapsaktiwiteite,” het Emaigne Ockhuizen, die woordvoerder van OMD 2030 op Oranjemund, gesê.
OMD 2030 is ’n niewinsgewende gemeenskapsorganisasie wat gestig is met die doel om die dorpenaars se ingesteldheid te verander.
“Ons wil mense laat voel hulle behoort en dat hulle deel is van die Oranjemund-gemeenskap.”
Oranjemund is in 2017 as ’n dorp verklaar. Dit is ook wanneer OMD 2030 gestig is om die transformasie vanaf ’n myndorp na ’n dorp met nuwe ekonomiese sektore te dryf.
“Ons enigste fokus is die mense en die gemeenskap. Ons het allerhande gemeenskapsprojekte, soos 5 km-pretlope, gratis jogaklasse, ons maandelikse dag- en nagmarkdae en herwinningshouers by ons kantoor en by die twee skole in die dorp.”
OMD 2030 het sowat twee jaar gelede met die herwinning van afval begin en volgens Emaigne dra die mense van die dorp regtig by om ’n sukses daarvan te maak.
“Ons het mense wat weekliks die rommel sorteer en dan vervoer Namdeb dit gratis Windhoek toe. Ons markdag is vir die gemeenskap. ’n Stalletjie kos N$50 en mense kan enigiets verkoop solank dit plaaslik vervaardig is. Ons wil regtig mense aanmoedig om deel van die Oranjemund-gemeenskap te word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie