Opmetings vir Tsumeb se Kuvukiland begin
Tsumeb se munisipaliteit en dorpsraad het gister met opmetings van Kuvukiland begin – een van die dorp se oudste informele nedersettings wat nog nie oor munisipale dienste beskik nie.
Die doel is onder meer die kartering, beplanning en formalisering van die nedersetting, waar daar na raming meer as 10 000 mense woon. Dit sal ook behels dat mense dalk verskuif sal moet word.
Tsumeb-munisipaliteit se woordvoerder, Stella Imalwa-Nangolo, sê dit volg ná ’n vergadering verlede week met inwoners van die nedersetting gehou is, waartydens die dorpsraad oor sy planne en programme vir die gebied in die komende jaar gepraat het, terwyl inwoners die geleentheid gehad het om ook hul insette te lewer.
Sy sê Kuvukiland, wat aan die westekant van dié Noordedorp geleë is, het ongeveer in 2009 ontstaan, maar beskik nog nie oor enige basiese dienste nie.
Imalwa-Nangolo het bevestig hierdie is ’n gesamentlike projek tussen die munisipaliteit, die dorpsraad, Namibia Housing Action Group, asook die Shack Dwellers Association of Namibia.
Tydens die afgelope vergadering het die dorpsraad aangekondig dat Kuvukiland nog drie watertenks sal ontvang, wat opgerig sal word op ’n plek wat deur die komiteelede goedgekeur word. Verder sal daar ook gekyk word om die paaie te herstel, asook om die gebied skoon te maak.
Inwoners het tydens die vergadering gesê hulle is bekommerd daaroor dat dit so lank neem om munisipale dienste in die gebied te ontwikkel, terwyl hulle ook gekla het oor stormwater tydens die reëntyd wat probleme veroorsaak.
Ander ervaar uitdagings om water met waterkoeponne te koop – veral ná ure of oor naweke. Nog inwoners het gekla dat die gebied te veel sjebeens huisves. Tydens die vergadering het inwoners, wat verblyf in die nedersetting huur, gesê hulle wil ook in die beplanningsfase geken word.
WATER
Imalwa-Nangolo het bevestig dat die wateronderbrekings wat die afgelope dae in Kuvukiland, asook die Tsumeb-lughawe, Kupferquelle en Ondundu ervaar is, nou iets van die verlede is.
Dit volg ná daar herstelwerk op die dorp se hoof-waterreservoir, die Tupperware-dam, gedoen moes word.
Oor die kwessie van Tsumeb se probleem met sy watergehalte, wou Imalwa-Nangolo nie uitbrei nie.
“Deurlopende toetsing van die water is steeds onderweg. Intussen raai ons inwoners aan om voort te gaan om water te kook voor hulle dit drink,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie