Oshana takel GBV
Polisie se rol geloof
Die afname in ernstige misdaad is die gevolg van 'n aantal proaktiewe maatreëls wat die polisie ingestel het.
Die Oshanastreek het ’n afname van minstens 52% in geslagsgebaseerde geweld (GBV) en verwante misdade aangeteken, met net 328 sake vergeleke met die 636 die afgelope boekjaar.
Dié inligting is deur Oshana se goewerneur, Elia Irimari, tydens sy streekrede bekend gemaak. Hy het die polisie se streekbevelvoerder, Naftal Lungameni Sakaria, geloof wat “onverpoos” saam met sy span werk om misdaad in die streek te bekamp.
Irimari het gesê die afname in ernstige misdaad is die gevolg van ’n aantal proaktiewe maatreëls wat die polisie ingestel het.
“Dit is opmerklik dat daar ’n effense afname in die algemene tendens in misdaad van 0,74% was – van 12 576 sake wat gedurende die 2022-’23-boekjaar aangemeld is tot 12 484 sake in die 2023-’24-boekjaar,” het hy gesê.
Hy het opgemerk dat hoewel misdaad soos roof en diefstal onder valse voorwendsels gedurende die verslagjaar toegeneem het, hy trots daarop is dat die mans en vroue in uniform ewe opgewasse was vir die taak om misdadigers met die hulp van die gemeenskap vas te trek.
Intussen gaan Oshakati, Ongwediva en Ondangwa steeds gebuk onder onwettige grondgrypery en omheining.
Irimari het gesê die Ondangwa-dorpsraad het ’n mandaat om die dorp se ontwikkeling te dryf, met N$170,5 miljoen as ’n totale goedgekeurde begroting.
Die oorgrote meerderheid – ’n massiewe 98% – van die begroting kom van die raad se eie hulpbronne en slegs 2% kom van die regering, het hy gesê.
“Sowat 80 huise is gedurende die 2022-’23-finansiële jaar gebou en 24 van hierdie huise is deur die Namibia Housing Enterprises (NHE) gebou,” het hy gesê.
Irimari het bygevoeg dat die streek se leierskap op groot skaal bankinstellings sal betrek om voorsiening te maak vir alternatiewe boumateriaal ten einde opsies vir laekostebehuising vir lae-inkomsteverdieners te hê. “Om die agterstand in behuising te takel, moet ons gunstige toestande vir ons mense skep sodat hulle vir finansiële ondersteuning van bankinstellings kan kwalifiseer.
“Dit kan beteken dat rentekoerse verlaag word of dat mense op hul eie pas met hul boumateriaal kan bou,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie