Outjo-inwoners betoog teen polisie
Inwoners van Outjo, onder leiding van verskeie tradisionele leiers asook hul Voiceless Women Committee het Donderdag vreedsaam teen dié dorp se polisie betoog.
Lede van die gemeenskap het ook ’n klagskrif aan die polisie se stasiehoof oorhandig, waarin daar onder meer gevra word vir ’n behoorlike ondersoek na die dood van die 17-jarige Eliaser !Hawiseb, asook die 18-jarige Geraldion !Guim. Die seuns het glo op die hoofpad na Kamanjab gesterf, toe hulle op 21 Desember verlede jaar vermoedelik met hul fiets in ’n ongeluk met ’n verbygaande motor betrokke was.
Gemeenskapslede beweer die polisie het nie die ongelukstoneel behoorlik ondersoek nie en sê hulle vermoed ongerymdhede, veral omdat die seuns se fiets glo nie beskadig is nie.
Daarbenewens kla die betogers dat hulle sukkel om met die polisie te kommunikeer omdat KhoeKhoe oor die algemeen in die dorp gepraat word, terwyl die polisielede glo net Engels of Otjiherero magtig is.
Daar word ook oor individuele polisielede se gedrag gekla, terwyl die betogers ontevrede is met die werk van “wit boere en wit reserviste”, wat glo die Kamanjab-pad “onwettig, sonder die teenwoordigheid van die polisie patrolleer, padblokkades opstel, voertuie deursoek en vir rybewyse vra”.
Die betogers het ’n antwoord binne 14 dae op hul klagte deur die kantoor van die streekbevelvoerder versoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie