Outjo-inwoners kla oor slote

Riool- en waterinfrastruktuur sloer
Inwoners op Outjo sê slote wat gegrawe is om riool- en waterinfrastruktuur aan te lê, is gevaarlik vir inwoners.
Iréne-Mari van der Walt
Inwoners van Outjo het onlangs kapsie gemaak teen slote wat glo jare gelede gegrawe is om riool- en waterinfrastruktuur aan te lê.

’n Inwoner, wat anoniem wou bly, sê die slote hou ’n groot gevaar vir inwoners van Outjo se informele nedersettings, lede van die publiek, asook kinders in.

Die inwoner het aan die koerant gesê die slote is reeds sewe jaar gelede gegrawe, maar volgens die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Josef /Urib, is die projek eers in Augustus 2019 van stapel gestuur.

/Urib sê ’n dispuut met die oorspronklike boukontrakteur het die projek tot stilstand geruk.

“Alles het aan die begin goed verloop, maar ons het later in ’n dispuut met die boukontrakteur betrokke geraak. Die kontrakteur wou hê dat ons meer vir skietwerk moes betaal as wat in ons kontrak met hulle gestipuleer is, en daarom het die projek vir ’n jaar tot stilstand gekom,” verduidelik /Urib.

Die munisipaliteit het glo aan die einde van 2021 ’n tweede kontrakteur aangestel om die projek te voltooi, maar die munisipaliteit het in Mei verlede jaar dié kontrakteur se dienste opgeskort weens onvoldoende dienste.

“Ons is bewus van die gevare wat die slote vir inwoners inhou en ons is net so besorg daaroor soos die inwoners,” het /Urib gesê.

Hy het gesê ’n tender is wel geadverteer en dat die munisipaliteit reeds ’n geskikte kandidaat geïdentifiseer het, maar dat die kontrakteur nog nie met die werk kon begin nie. Dit weens die feit dat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling nog nie die finansiering vir die projek beskikbaar gestel het nie.

Die ministerie het teen druktyd nie op Republikein se vrae in hierdie verband gereageer nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!