ProjectSmile besoek die OvaHimbas

Henriette Lamprecht
Vir die afgelope vier jaar is ’n inisiatief wat op mondhigiëne fokus, besig om baanbrekerswerk oraloor die land in gemeenskappe te doen.

ProjectSmile is die breinkind van Marc van Niekerk van Namibië en Tiia Rantanen van Finland en is in 2020 in die lewe geroep om praktyke vir mondhigiëne in die land ’n hupstoot te gee.

ProjectSmile het reeds verskeie streke in die land besoek, met Marc wat opvoedkundige sessies in van gesondheidsgeriewe, tot kinderhuise en skole gelei het. Marc se jongste besoek was aan die Kunenestreek waar hy van Opuwo tot Epupa waardevolle insette en inligting oor die projek met behoeftige gemeenskappe gelewer het.

Volgens Marc is hy tydens sy besoek vergesel van ’n plaaslike tolk en het hy ’n warm ontvangs onder die OvaHimba-gemeenskap gehad wat gretig was om meer oor die gesonde praktyke te leer. Deel van ProjectSmile se uitreikprogram sluit ook plakkate in wat in pas met die kern van Namibië se verskeie kulture ook die boodskap aan die onderskeie gemeenskappe uitdra en aktiewe betrokkenheid by die program aanmoedig.

“Danksy die ondersteuning van borge soos Metro Cash and Carry kan ProjectSmile sy reikwydte vergroot en noodsaaklike tandheelkundige voorraad en ook ander verwante produkte aan behoeftige gemeenskappe uitdeel,” sê Marc. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!