Promiseland bied ’n blinker toekoms
60 kinders woon skool gratis by
Die Promiseland Trust het verlede jaar gehelp om 239 980 pousebroodjies by sewe plaaslike skole uit te deel.
“’n Ma het ’n brief aan ons gestuur waarin sy ons bedank vir die werk wat ons doen. Hoe ons haar en haar kinders se lewens verander het en hoe Promiseland vir haar kinders geleenthede bied wat sy nooit gehad het nie.
“Sulke briewe en woorde laat ’n mens weer eens besef hoe belangrik is die werk wat ons in die gemeenskap doen,” het Yvette Greeff, die voorsitter van die Promiseland Trust in Walvisbaai, gesê.
’n Groep mense het in 2007 begin om daagliks ’n warm bord kos aan tussen 100 en 250 straat- en kwesbare kinders in die informele nedersetting Tutaleni in Walvisbaai te gee. In die begin is die kos in ’n houer sonder lopende water of krag voorberei en aan die kinders bedien. Daar was geen ablusiegeriewe of ’n afdak waaronder die kinders hul maaltye kon geniet nie.
Dieselfde jaar is die Promiseland Trust gestig en ’n huis is in Tutaleni gekoop. Herstelwerk aan die huis is begin en met die ondersteuning van die gemeenskap en besighede is die Promiseland Sentrum begin.
Die sentrum het ’n sopkombuis en saal om die kinders nie net van kos te voorsien nie, maar ook met basiese opleiding en dagsorg.
VOEDINGSPROJEK
Promiseland bedien daagliks ’n gekookte maaltyd aan tussen 250 en 300 kinders.
Die preprimêre kinders kry die eerste maaltyd in die oggende en die tweede sessie is vir skoolgaande kinders wat ná skool ’n ete by die sentrum ontvang.
Die trust ondersteun ook plaaslike projekte met logistieke reëlings om gedurende die skoolsemesters pousebroodjies daagliks aan sowat 2 500 kwesbare kinders van sewe skole te verskaf.
Talle kinders in Tutaleni het afhanklik van die voedingsprojek geword aangesien hulle nie altyd ’n ordelike bord kos by die huis ontvang nie.
“Die projek help ook om die kinders van die strate af te hou. Hulle kom nou na die sentrum om te speel terwyl hulle vir hul kos wag.”
Met die voedingsprojek beoog Promiseland om nie net daagliks maaltye aan kinders in nood te voorsien nie, maar ook om die behoefte aan klere, komberse, skoolbenodigdhede en mediese sorg te identifiseer en waar nodig, te takel.
“Ons help maatskaplike dienste om kinders te identifiseer wat in gevaar kan wees of tekens toon dat hulle mishandel of verwaarloos word. Ons reël vir die nodige ingryping deur onder meer maatskaplike werkers, dokters en onderwysers.
“Ons wil karakter en goeie morele waardes onder die kinders ontwikkel, insluitend betroubaarheid, eerlikheid, respek, verdraagsaamheid, verantwoordelikheid, deernis, regverdigheid en goeie burgerskap. Ons wil ook die kinders bewus maak van die negatiewe impak van misdaad, korrupsie, rassisme, selfsugtige gedrag, MIV/vigs en dwelmmisbruik.”
Die Promiseland Sentrum bied ’n bevorderlike, veilige en ontspannende omgewing vir kinders deur speletjies en storievertelling en verskaf werksgeleenthede aan onder meer onderwysers en mense wat die etes voorberei.
VORMINGSPROJEK
Die vormingsprojek het in 2012 begin met die doel om kinders van die strate af te kry deur hulle gedurende die dag by die sentrum te laat leer en speel.
Van 2012 tot 2014 het die Promiseland Speelsentrum sy deure geopen, waar 60 kinders tussen die ouderdomme van drie tot vyf elke oggend in ’n veilige omgewing kon leer en speel.
Vanaf 2015 het EBH, ons hoofborg, N$1 miljoen geskenk om ’n kompleks met twee toilette, ’n kantoor en drie klaskamers te bou.
“Ons vennote in onderwys, Headstart Montessori College, het met hul kundigheid en internasionaal erkende sillabus aan boord gekom. Die Promiseland Vormingsprojek bestaan uit ’n
preprimêre skool met drie gekwalifiseerde onderwysers en drie assistente wat kwesbare kinders vir skool voorberei.”
STANDVASTIGE FONDASIE
Die preprimêre skool gee vir die kinders van Tutaleni ’n standvastige fondasie vir wanneer hulle met hul skoolloopbaan begin.
“Talle kinders sukkel in skool omdat hulle Engels gebrekkig is weens onvoldoende onderrig. Hulle het skaars die nodige woordeskat om take ten volle te kan verstaan en uit te voer.
“Dit is nie ongewoon dat kinders beter Engels praat as hul dikwels minder geletterde ouers nie. Dit is waarin Promiseland belê – die toekoms van ons kinders, om die siklus van armoede te breek en die volgende generasie te bemagtig met ’n stewige opvoedkundige grondslag.”
DANKBARE MA
Justina, ’n dankbare ma, het ’n brief aan die onderwysers en bestuur van Promiseland geskryf.
Haar dogter, Justina, het verlede jaar by die preprimêre skool klaargemaak en is tans is graad 1. Haar seun is tans besig om sy drie jaar by Promiseland af te sluit. Sy sorg ook nog vir ’n gestremde kind.
“Ek het nie woorde vir die onderwysers nie. Toe Justina by die skool begin het, kon sy nie eens goeiemôre in Engels sê nie. Nou praat sy soos iemand wat in Engeland gebore is. Selfs Joshua kan Engels praat.”
“Ons is ’n gesin van nege met een gestremde kind. Ek doen nou en dan huiswerk en my man is werkloos. Ons kon nie ons kinders na ’n skool stuur nie. Julle het dit vir ons moontlik gemaak en julle gee so baie hulp aan ons. Ek wil julle uit die diepte van my hart bedank en ek weet woorde is nie genoeg nie. Ek wens ek kon vir julle sing en dans om my waardering te kan wys.”
PLEEGSORG
In 2011 is die pleegsorgprojek begin. Daar is tans een pleegsorgma wat vir twee kinders sorg. Die kinders bly by die pleegsorgma en die trust verskaf behuising, kruideniersware, opleiding en emosionele ondersteuning.
Alhoewel die aanvanklike doel was om ’n groep pleegsorgsentrums te skep waar meer kinders in ’n veilige en liefdevolle huisomgewing kon grootword, het huidige wetgewende vereistes en begrotingsbeperkings die trust gekniehalter om hierdie doelwit te verwesenlik.
Dit is hoekom die trust besluit het om ’n huis te huur en ’n pleegsorgma aan te stel wat 24 uur by die huis is om na elke kind se behoefte te kan omsien.
Maatskaplike werkers besoek die pleeghuis gereeld om die vordering van die kinders en die doeltreffendheid van die pleegsorg te evalueer.
HULP
Die Promiseland Trust ontvang geen vaste finansiering nie en al hulle projekte is afhanklik van die plaaslike gemeenskap en besighede se welwillendheid.
Die trust steun op wisselvallige skenkings om te verseker dat hulle kan aangaan om die kwesbare kinders in die gemeenskap te kan help. Promiseland voed 2 880 kinders elke dag, hulle gee 60 kinders gratis onderrig en het twee kinders in pleegsorg.
Enige skenkings of finansiële ondersteuning sal die trust die vermoë gee om aan te gaan.
Belangstellendes wat ’n verskil wil maak, kan gerus op die trust se Facebook-blad of webtuiste inloer vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie