RedForce verduidelik wateropskortings in Okahandja
Inwoners warm onder die kraag
Inwoners op Okahandja vra vir deursigtigheid oor Redforce se teenwoordigheid op die dorp.
Terwyl spanning toeneem oor watervoorsieningkwessies en skuldinvordering op Okahandja, het RedForce lig gewerp op die kriteria vir die opskorting van waterdienste vir wanbetalers. Die munisipaliteit se kredietbeheerbeleid, ingestel kragtens artikel 94 van die wet op plaaslike owerhede dien as basis vir die opskortings en verleen die magtiging om waterdienste aan kliënte in gebreke op te skort.
Ontstoke inwoners sukkel reeds geruime tyd met watervoorsiening met vrae wat geopper word oor waarom hulle net die helfte van die water ontvang waarvoor hulle betaal het. ’n Inwoner wat verkies het om anoniem te bly, sê “dit is ontmoedigend om te sien dat ons swaarverdiende geld nie die volle voorraad water kan koop nie. Ons verdien ’n verduideliking vir hierdie teenstrydigheid. Ons wil ook die versekering hê dat stappe dadelik geneem sal word om dit reg te stel”.
Volgens RedForce is dit sy mandaat om met die kliënt kontak te maak en wat insluit dié wat nie hul rekeninge betaal nie.
“Dit is presies wat ons doen. In gevalle waar 'n inwoner geld aan die munisipaliteit verskuldig is, is dit ons standaardpraktyk om direk met die munisipaliteit te skakel,” het die maatskappy gesê.
Frustrasie onder inwoners is egter nie beperk tot watervoorsiening op die dorp nie. Pensioenarisse kla ook hul stemme word nie gehoor nie en hul rekeninge bly onveranderd sonder enige positiewe insette aan die kant van die munisipaliteit. Hulle verwys na gevalle in ander dorpe in die land waar munisipaliteite die uitstaande skuld van bejaarde inwoners afgeskryf het.
Volgens Okahandja se bejaardes voel hulle afgeskeep en soek hulle dringend antwoorde by die munisipaliteit.
''Geen politieke party kom uit om ons kreet te hoor nie. Met die verkiesings om die draai wil hulle egter hê ons moet vir hulle stem.”
Plaaslike gemeenskapsleiers dring nou aan op ’n vergadering met die munisipaliteit en verteenwoordigers van RedForce. Laasgenoemde het beklemtoon nie alle rekeninge word aan hulle oorhandig of kwalifiseer vir oorhandiging nie.
“Dit word bepaal deur hoe oud die rekening is en hoe lank die inwoner agterstallig was. Ons vorder bloot die rekeninge in wat deur die munisipaliteit aan ons oorhandig word. Die res word deur die munisipaliteit ingevorder. Daar is geen duplisering van invorderingspogings nie."
Alphons Tjitombo, uitvoerende hoof van die munisipaliteit, kon nie vir kommentaar bereik word nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie