Rehoboth brand vir nuwe stasie
Poog om kapasiteit te verbeter
Rehoboth hoop om teen vroeg volgende jaar sy brandbestryding te verbeter.
Die Rehoboth-dorpsraad het ’n begroting van ongeveer N$4 miljoen goedgekeur om ’n nuwe brandweerstasie op dié dorp te bou.
Die taak om dié droom teen Februarie volgende jaar te laat realiseer, is aan Penatu Trading toegeken.
Die dorpsraad sê die konstruksie van die nuwe brandweerstasie sal werksgeleenthede vir 20 geskoolde en halfgeskoolde inwoners skep.
Mnr. Stanley Keis van die dorp se brandweerdienste glo die nuwe stasie sal ’n reuse-aanwins vir brandbestryding op die dorp wees.
“Dit sal vir ons baie help. Tans het ons nie die kapasiteit om die brandweermanne by die stasie te huisves wanneer hulle aan diens is nie. Ons moet eers die mense gaan oplaai voor ons van daar af kan reageer, en teen daardie tyd het ’n paar plakkershuise al afgebrand,” sê hy.
Keis sê die Rehoboth-brandweer se grootste kopseer is steeds veldbrande, en die verbeterde kapasiteit wat die nuwe brandweerstasie bied, sal brandskade verminder.
“Soms swys mense en dan slaan die droë gras aan die brand of mense gooi sigaretstompies by die voertuig se vensters uit. Dit veroorsaak dan ’n klein brand wat versprei,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie