CONSENT: Lighthouse Children and Ministry would like the Rehoboth Town Council’s consent to erect structures and expand on the land initially meant for agricultural training to provide more development programmes to vulnerable children. Photo CONTRIBUTED
CONSENT: Lighthouse Children and Ministry would like the Rehoboth Town Council’s consent to erect structures and expand on the land initially meant for agricultural training to provide more development programmes to vulnerable children. Photo CONTRIBUTED

Rehoboth se baken van hoop

Mariud Ngula
’n Liefdadigheidsorganisasie vir kinders en jeugsending op Rehoboth soek die hulp en ondersteuning van die dorpsraad en die gemeenskap om ’n veeldoelige vaardigheidsopleidingsentrum op die dorp te vestig.

Volgens die stigters van die Lighthouse Children and Youth Ministry, Kenneth en Gerlinda Shipipa-Bruijnes, wil hulle graag die raad se toestemming hê om strukture op te rig en uitbreidings op die stuk grond in Blok E aan te bring wat aanvanklik vir landbou-opleiding bestem was.

Die droom is om verder as landbou uit te brei en ontwikkelingsprogramme vir kwesbare kinders aan te bied.

“Ons wil graag toestemming hê om geleenthede aan die jeug te bied om praktiese ambagte, soos sweiswerk, houtwerk, rekenaarwetenskap, gasvryheid, naaldwerk, kook en spyseniering sowel as skoonheidsdienste, te leer,” sê die egpaar.

Die stigters het hul verbintenis beklemtoon om die lewens van kwesbare jong mense te verander.

“Ons doel is om hierdie kinders met vaardighede toe te rus wat kan lei tot werksgeleenthede en selfvoorsiening.

“Die sentrum sal as ’n stil plek dien waar leerlinge hul huiswerk en navorsing kan doen.”

Die organisasie is in 2020 gestig en verskaf omvattende sorg aan meer as 150 jeugdiges onder verskeie ontwikkelingsprogramme.

“Ons het altesaam 20 plaaslike personeellede wat help om om na die emosionele, fisieke, geestelike en opvoedkundige welstand van behoeftige jong mense om te sien,” het Kenneth gesê.

Volgens hom is groei en ontwikkeling die kern van Lighthouse se visie en het beklemtoon dit gaan nie net om in vandag se behoeftes te voorsien nie, maar ook om in die toekoms te belê.

“Ons doelwit is om hierdie jong mense te help om te groei tot verantwoordelike volwassenes wat die gewig van hul eie lewens kan dra. Op hul beurt moet hulle positief tot die gemeenskap bydra.”

Lighthouse se ontwikkelingsprogramme sluit in nasorg en jeugklubs en bied tans ook landbou-opleiding en naaldwerkvaardighede aan.

Die Young and Pregnant-opleidingsprogram word ook drie keer per jaar in samewerking met die Mommaluv-stigting aangebied en verskaf onderrig aan swanger tienermeisies oor voor- en nageboortesorg om ’n beter begin vir hul babas te verseker.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!