Rundu se park brei uit

Bestendige vordering
Die Rundu-dorpsraad gaan voort met sy pogings om die dorp se ontspanningspark vir inwoners te ontwikkel.
Nikanor Nangolo
Ten spyte van finansiële beperkings gaan die dorpsraad van Rundu voort om sy ontspanningspark tot sy volle potensiaal vir inwoners te ontwikkel. Volgens die dorp se landskapsontwerper Ladislaus Shikerete, is vordering gemaak met die park in terme van klein ontwikkelings om te verseker dat die park deur kinders en gemeenskapslede besoek en geniet kan word.

VORDERING

“Die mees onlangse toevoeging tot die park is die reuse standbeelde van kameelperde wat by die ingang van die park gesien kan word. Binne die park kry mens bankies waar inwoners kan sit wanneer hulle die park besoek. Tans het ons ook ‘n openbare toilet wat 90% voltooi is met net die loodgieterwerk wat voltooi moet word. Ons het ook klouterrame vir kinders sowel as ander beeldhouwerke van diere waaronder zebras,” het Shikerete gesê en bygevoeg dat nog planne in die pyplyn is om opwindende aktiwiteite vir kinders by te voeg.

MEESTERPLAN

“Volgens die park se meesterplan beoog ons ‘n vlugbal- en netbalbaan agter die park. Ons voorsien ook ‘n area waar die kinders sokker kan speel, sowel as waterfonteine om die park mooi te maak.”

“Aangesien ons wil seker maak dat ons vir almal voorsiening maak, beplan ons ook om ‘n braai-area te skep vir diegene wat beplan om saam met hul familie of vriende te kom braai. Ons wil ook 'n restaurant bou sodat besoekers 'n vinnige ete op enige gegewe tydstip kan geniet. Daarby beoog ons ook ‘n area waar ons beplan om ‘n karaoke-hoekie te hê vir die kinders wat lief is om te sing,” het hy gesê.

VEILIGHEID

Shikerete het gesê sekuriteitsbeamptes in die park verseker openbare veiligheid.

“Ek kan die publiek verseker dat die park baie veilig. Daar is baie studente wat kort-kort na die park toe kom om te studeer en die park is veilig vir almal.”

VREDE

Mathew Matgayi (23), ‘n gereelde besoeker, sê hy het die park al 'n paar keer besoek om sy gedagtes skoon te maak.

“Ek is mal daaroor om hiernatoe te kom vir die vrede wat ek nie by die huis kry nie. Dit is ook ‘n goeie plek om saam met vriende te kom ontspan, studeer of om te lees. Toe ek vir my leerlinglisensie studeer het, het ek af en toe die park besoek en dit het my werklik baie gehelp,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!