Jong San-mense het die naweek hul kultuur gevier.
Foto Joseph Gomoseb
Jong San-mense het die naweek hul kultuur gevier. Foto Joseph Gomoseb

San soek koning se skedel terug

Augetto Graig
Die skedel van koning of opperhoof Fritz Arabib (ook geskryf ǂArexab) is steeds iewers in Duitsland, nadat hy in 1914 deur Duitse soldate doodgemaak is.

So het sy afstammeling, die opperhoof van die Hai//om San-mense van Namibië, hoofman Ananias Soroseb, die naweek gesê in ’n boodskap om 2023 af te skop.

Soroseb sê die regering het hom ingelig daar word beplan om die skedel na Namibië te repatrieer.

Soroseb het die nuutste oor verskeie uitdagings wat San-mense in Namibië in die gesig staar met meer as 100 gemeenskapslede en sowat 20 San-leiers by ’n saamtrek op Grootfontein gedeel.

Soroseb het die San-mense wat teenwoordig was, ingelig oor die poging om sy posisie as leier deur die Raad van Tradisionele Leiers te laat erken.

Volgens hom is die kwessie nou in die hande van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni.

Soroseb sê verder die regering stel ondersoek in na die graf van Arabib, in ’n opvolg op die versoek om die graf as ’n historiese landmerk te erken. Dit het gelei tot die aanduiding dat Arabib se skedel in Duitsland is.

Soroseb het die San-mense ook ingelig dat die Namibiese regering reeds verlede jaar ingestem het om die San by die onderhandeling met Duitsland oor die volksmoord van Nama- en Herero-mense in 1914, in te sluit.

Nog ’n verwikkeling is die eis vir voorvaderlike grond in die Okorusu-gebied waar Arabib se graf glo geleë is. Hy sê president Hage Geingob se kantoor het die kwessies in Oktober verlede jaar na die minister van landbou, water en grondhervorming verwys.

Volgens Soroseb moet die ministerie nou ondersoek instel oor hoe die San hul eie grond kan kry.

Die toespraak het deel gevorm van ’n dag van samesyn en tradisionele sang en dans wat by die Omulunga-gemeenskapsaal op Grootfontein gehou is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 20° | 31° Oshakati: 19° | 30° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 12° | 28° Maseru: 14° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 15° | 23° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 14° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 16° | 25° #REF! #REF!