Satin se verhaal gee hoop
Laat Sondagmiddag het Abed, ’n gemeenskapskampvegter vir die Namibian Animal Welfare Association (Nawa), skokkende nuus aan Janine van Rooyen, die voorsitter van Nawa, oorgedra.
“Hy het foto’s gestuur van twee perde wat erg verwaarloos en verhonger was. Die een perd was te swak om te staan. Ons het onmiddellik opgetree en kos en water voorsien.
“Abed het by die perde oornag om hulle deur die nag te versorg en op te pas. Maandagoggend het ons saam met ’n veearts en ons span uitgegaan. Die perde is op die Uiros-plot ver agter Groot Aub in die berge gevind. Dis onmoontlik om sonder ’n 4x4 by hulle uit te kom. Dit is die mees afgeleë plek waar ons nog ooit gewerk het en dit neem omtrent ’n uur om vanaf Windhoek daar uit te kom.”
Hulle het vinnig besef dat die perd wat oorspronklik Satan genoem is, nie sou oorleef as hy vervoer sou word nie. Satan is na Satin, weens sy sagte geaardheid, herdoop en hy moes gevoer word totdat hy sterk genoeg was om die sowat 20 kilometer na die Nawa-kliniek in Groot Aub oor ’n paar dae te kan stap. Daar sal hy dan opgelaai kan word en na ’n veilige hawe vervoer word.
“So vir nou moet ons sy krag terugkry en hom laat staan, want ’n perd wat lê, is ’n dooie perd. Ons het die hulp van nog vier gemeenskapslede gekry en saam met ons twee kampvegters, Abed en Aaron, en ons Nawa-span drie keer probeer om hom te laat staan.
“In hierdie stadium het hy al vir 24 uur gelê. Ons het dit twee keer reggekry – een keer was hy baie wankelrig en die tweede keer het hy sowat 10 minute gestaan en sy liggaamfunksies het onmiddellik gewerk, wat ’n baie goeie teken was.
“Ons vermoed dat hy nie kan staan nie omdat sy agterbene gedeeltelik weens bosluiskoors verlam is. Ons het oor die 1 000 bosluise uit sy ore gehaal en onmiddellik medikasie oor sy hele lyf gegooi. Hy het gister nog 12 liter deur ’n drup ontvang en saam met dit bosluiskoorsmedisyne. Ons hoop dit sal hom die krag gee om in die volgende paar dae te wil opstaan en te beweeg.”
Die ses mans wat nou na die perde kyk en hulle versorg, weet ook nou hoe om vir Satin op te help.
“Hulle kan hom ophelp met die minste stres en sonder baie krag van sy kant af, want hy het al sy energie nodig.”
Die merrie wat saam met hom gekry is, se kondisie is baie beter. Sy loop rond en eet alhoewel daar volgens Van Rooyen nie baie kos weens die droogte is nie.
Beide die perde sal sodra Satin sterk genoeg is, verwyder word.
“Ons span is gereed om met hom te stap so ver as wat hy wil. Wanneer hy aandui dat hy moeg is, dan slaan ons kamp op en begin die volgende dag weer. So sal ons dit dag vir dag vat totdat hy vervoer kan word.”
HULP
Van Rooyen sê die hulp en raad wat van die nabye gemeenskap en van verder instroom, is ongelooflik.
“Ons is ses vroue agter Nawa wat met passie werk en die diere help. Dit is ’n ongelooflike gevoel om te weet dat daar soveel mense agter ons staan en ons nie net aanmoedig nie, maar ook wil help. Ons het mense wat een strooi bondel gegee het of N$100 en ons is dankbaar vir elke sent of donasie. Mense het kos vir ons helpers, wat by die perde in die aand oornag, gegee. Hulp is ook met die vervoer, veeartsonkostes en medikasie aangebied.”
Sy sê elke sent word gebruik om diere in nood te help.
Mense wat wil help, kan op Namibian Animal Welfare Association se Facebookblad gaan inloer vir hul bankbesonderhede.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie