Shoprite se mobiele sopkombuise voed duisende
Shoprite se mobiele sopkombuise het die afgelope drie maande meer as 50 000 koppies warm, voedsame sop en brood aan gemeenskappe oraloor Namibië bedien.
Die twee mobiele sopkombuise lê maandeliks duisende kilometers af om honger te verlig en bedien elke maand sowat 15 000 koppies sop met brood aan gemeenskappe landswyd.
Die sopkombuise is ook dikwels onder die wat eerste op die toneel is wanneer rampe soos vloede of brande gemeenskappe se lewens omvergooi.
“Shoprite se mobiele sopkombuise het ’n simbool van hoop geword vir baie van die organisasies wat daarby baat.
“Dit sluit die skole, ouetehuise en ook kinderhuise in wat ons oraloor Namibië besoek. Met die ondersteuning van Bakpro en Knorr gaan ons voort om daagliks honderde kwesbare mense te bedien,” sê Paul Malan, die afdelingsbestuurder van Shoprite Namibia.
Hongerverligting en voedselsekuriteit is die kern van die Shoprite-groep se programme vir korporatiewe maatskaplike belegging, met die mobiele sopkombuise wat een van verskeie maniere is waarop die winkelgroep honger in gemeenskappe beveg.
Die groep en sy vloot van meer as 30 vragmotors, wat nie net in Namibië werksaam is nie, maar ook in Suid-Afrika, Zambië, Angola en Lesotho, het in die afgelope boekjaar meer as sewe miljoen maaltye bedien.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie