‘Sit glimlaggies op honger gesiggies’

Kristien Kruger
Help4Nam beoog om dié winter soveel kinders as moontlik van maaltye te voorsien en het die afgelope dae reeds sowat 450 mense ’n warm bord kos gegee.

Help4Nam is op soek na besighede wat ’n verskil in hul gemeenskappe wil maak om deel te neem aan die inisiatief – Borg ’n dag by ’n kindersopkombuis – ten bate van minderbevoorregte kinders.

Twee sopkombuise is Vrydag op Rehoboth en Maandag op Okahandja deur die inisiatief gehelp.

GRYSBLOK, OKAHANDJA

Lewcor Plant Hire het Maandag die verskaffing van etes by die Mommy’s Soup Kitchen geborg.

Dié sopkombuis is geleë in die informele nedersetting Grysblok op Okahandja.

“Help4Nam het uitgereik vir skenkings en hulle [Lewcor] was bereid om ons sopkombuis in Okahandja te borg,” het Eileen Louw van Help4Nam gesê.

Mommy's Soup Kitchen bedien elke Donderdag sop en vetkoeke aan kinders in die omgewing en tussen 80 en 100 kinders baat elke week daarby.

“Met die hulp van borge is dit moontlik om Maandae ook sop en vetkoeke te gee. Ons is baie dankbaar vir die hulp, want dit sit glimlaggies op honger gesiggies.

“Bejaardes kom ook vir sop en om ietsie te eet, en ons wys hulle nie weg nie,” vertel Eileen.

REHOBOTH

Help4Nam het ook Vrydag by Little Steps op Rehoboth se Blok-B as borg gedien om etes te voorsien.

Little Steps help kinders in die gemeenskap ná skool om onder meer hul leesvaardighede te verbeter.

“Ons het sowat 200 tot 250 kinders en ’n paar volwassenes van etes voorsien.”

“Dit het baie goed gegaan, ons is dankbaar vir Little Steps en elke vrywilliger wat gehelp het, asook Blok-B en die gemeenskap,” het Lizl Lorenz van Help4Nam, wat by dié geleentheid betrokke was, gesê.

Lizl vertel verder dat Help4Nam besluit het om die geleentheid self te borg omdat hulle nie kon wag nie. Hulle probeer hierdie winter om ten minste twee keer per maand iets in elke dorp te doen.

“Daarom vra ons dat besighede ons met die projek help.”

BESIGHEDE EN BORGE

Help4Nam werk saam met plaaslike sopkombuise en hoop om hierdie winter minstens een keer per week voedsame, warm maaltye aan kinders te verskaf met die hulp van besighede op Okahandja, Rehoboth en in Windhoek.

“Hierdie inisiatief bied ’n unieke geleentheid vir jou maatskappy om betrokke te raak terwyl jy teruggee aan die gemeenskap. Jou span sal dadelik inspring en hul moue oprol om ’n maaltyd vir die kinders te help bedien en jy kan eerstehands sien watter verskil jou vrygewigheid maak,” vertel Stephanie Collins, die stigter van Help4Nam.

Besighede kan N$4 000 skenk, wat sowat 300 kinders op een dag van maaltye kan voorsien. Die prys sluit die aankoop en aflewering van kos, drinkgoed en vuurmaakhout in. Die onderskeie sopkombuise verskaf die kokke, eetgerei en nodige gereedskap.

Die bywoning van personeel is opsioneel. Besighede kan ook net die geld skenk sonder om eintlik by die sopkombuis en die bediening van kos betrokke te wees.

Besighede wat belangstel om deel te wees van dié inisiatief kan Help4Nam by [email protected] kontak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!