Skud ’n blik vir Senior Park
Henriette Lamprecht - Kies ’n beskikbare straathoek, sit jou bemarkingsmateriaal op, trek aan soos ’n 80-jarige en samel broodnodige geld vir ons oumense in.
Dis hoe maklik dit is om deel te wees van die WeCare-stigting se blikskud vir bejaardes wat op 6 Desember vanaf 06:00 tot 08:00 op ’n straathoek naby jou plaasvind. Elke bydrae, hoe groot of hoe klein ook al, gaan gebruik word om die 153 bejaarde inwoners van die Senior Park-aftreeoord in die hoofstad met kruideniers- en toiletware te help en ook vir broodnodige instandhouding en herstelwerk.
Dit is ’n oggend vol pret om buiten geld in te samel, ook deel te wees van die waardering van ’n generasie wat ons fondasies gebou het, sê WeCare se stigter, Aletta Hough. Die inwoners van Senior Park moet met ’n staatspensioen van N$1 400 per maand oorleef en danksy die ruim harte van Aletta, borge en vrywilligers kon die stigting die afgelope maande gekookte maaltye met nagereg op ’n Vrydag verskaf. Herstelwerk is ook aan 17 eenhede voltooi en van ’n boekklub tot ’n fiksheidsklub tot ’n Bybelstudiegroep is vir die inwoners gestig. ’n Slimskerm is vir kerkdienste opgerig, loodgieterswerk van duisende dollars is voltooi, twee plafonne is vervang en danksy WeCare, borge en skenkers is verskeie inwoners ook met mediese en hospitaalbesoeke gehelp.
Die inisiatief poog ook om maandeliks basiese kruideniersware en higiëniese produkte aan die bejaardes te verskaf, wat ’n luukse item vir talle inwoners geword het. ’n Behoorlike, spoggerige Kersete word ook vir Desember beplan, met die hoop om in elke inwoner se wenslysie vir sy of haar Kerskous te voorsien.
Enige persoon wat graag aan 6 Desember se blikskud vir Senior Park wil deelneem of op welke manier betrokke wil raak om die lewe van sy inwoners te verbeter, kan vir Aletta kontak by 081 727 8577 of 081 144 4610 of stuur ’n e-pos na [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie