SMS’e vir 11 Januarie 2023

Waar kan ‘n mens gorras kry?

Ek wil graag vir my oudbevelvoerder Joos Platt voorspoed toewens vir die nuwejaar. Ek tree ook nou af wat eens jou student was. Jou eie uitdrukking op Parade vat ek saam met my op pensioen. Ek haal jou aan"ek gaan eerder met 'n vrou wat broek dra grens toe as met 'n man wat voorskoot dra". Jou uitdrukkings sal ek altyd onthou.

Hiermee vra ons werkers van NPS tog hulp. Ons werk word gestop en Horn se rede: “No Jobs” en na 17 jaar se werk jy kry N$759,00 vir al die jare se diens. Labour en Unions praat net. Help onse mense asseblief.

Geagte minister Anna Nghipondoka, graag sal ek by u wil kom sit en my hart uitpraat rakende die onderwys. Baie dinge hier op grondvlak word nie raakgesien nie en niemand doen iets aan dit wat verkeerd is nie.. Die sneeubal word net groter en groter.

Ag hoe wens ek Kersfees was in Februarie wanneer alle skole en universiteite aan die gang is, besighede bedrywig is en boere se lammers lam. Dan was ons Kersfees op Langstrand ’n tyd van rus en vrede. Dan was dit nie nodig om vloekende dronk jongmense op motorfietse te vermy of na vakansiegangers se eindelose doef doef musiek of hul gillende dronkpraatjies bo die musiek aan te hoor tot 1 uur in die oggend. Sal dit nou nie salig wees nie. Vrede en Vreugde oor die Februarie Kersgety

Te veel kloor in die kraanwater by Tacoma Straat-omgewing. Ons velle brand! Kan iemand die man reghelp?

Die swak sein van Gotv maak dat ons kykers baie ongelukkig is. Dis nou dae aaneen dat ons nie ons geliefde Turkse sepies kan kyk nie. Dan sal dit natuurlik verwag word dat ons die volle maandelikse premie moet betaal. Die opvangs is baie swak. Kan daar dan nie iets aan gedoen word nie.

Hoe ontstellend is dit net nie, om te sien hoe vuil dit is voor jy Okahandja binnegaan van Windhoek se kant af. Mense moet dit so lyk? . Hou jy daarvan om so tussen die rommel te bly? Hou jy daarvan om sommer net die rommel so te strooi? Dis regtig morsig.. Ek skaam my dood om te dink hoeveel besoekers moet dit aanskou!! Kyk hoe netjies lyk dit by Karibib.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!