Sopkombuis verlig die nood effens

Tanja Bause
“Dit hoef nie nuwe goed te wees nie. Dit hoef nie eksie-perfeksie te wees nie; as jy in nood is dan is jy met alles tevrede,” het Elize du Toit (68) van die New Generations-sopkombuis op Lüderitz gesê.

Sy het in 2010 die nood in haar dorp gesien en besluit om ’n verskil te maak. In die begin het sy twee keer per week kos aan behoeftiges gegee. Intussen het die skenkings minder geraak en sy gee tans kos net wanneer sy kan.

“Ek gee kos in die Benguella-saal, vir die kinders van Area 7 by die speelpark en dan vir pensioenarisse by die Nampost-kantoor wanneer hulle hul pensioen gaan haal. Ek kook die kos in my kombuis.”

Elke jaar gee sy ook vir tot 500 mense ’n Kersete in die saal.

“Dan vra ek die mense van die kerk om my te help om die kos voor te berei omdat dit te veel vir my klein kombuis is.

“My begeerte is om vir die mense ook ’n klein kospakkie te gee sodat hulle, wanneer die pensioengeld nie in Desember kom nie, kos het. Daar is ook siek mense wat medikasie moet drink en kos nodig het.”

Gedurende Mei het Elize kospakkies aan 12 huisgesinne in die informele nedersetting Benguella voorsien asook aan twee vroue met kanker in die Nautilus-woonbuurt.

Sy het ook vir die tieners wat geboorte geskenk het, klere vir hul pasgebore babas gegee.

“Nou in die winter gee ek lemoene vir die kinders van Area 7. Dit is baie belangrik vir hulle immuunstelsel. As ek nie genoeg lemoene gekry het nie, dan deel ek die lemoene wat ek het in vier dele, sodat elke kind iets kry. As ek meer het, dan deel ek hulle in twee of glad nie.”

Belangstellendes kan Elize met kos, tweedehandse klere of ou speelgoed ondersteun.

“Ons sal enigiets en alles waardeer en gebruik. Die nood in Lüderitz neem elke dag toe en word al hoe groter.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 20° | 35° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 19° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 20° | 35° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 23° | 36° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 19° | 35° Antananarivo: 18° | 29° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 24° Durban: 23° | 30° Johannesburg: 21° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 17° | 29° #REF! #REF!