Sopkombuis

Aurelia Afrikaner
’n Inisiatief gelei deur regstudente aan die Universiteit van Namibië (Unam) hoop om die Needy Hearts-sopkombuis in Hakahana in Windhoek met hul hulp in ’n selfonderhoudende niewinsgewende organisasie te omskep.

Socrates Law Firm wil sodoende die sopkombuis in staat stel om volgehoue ondersteuning en maaltye aan behoeftiges en in besonder kinders te verskaf.

“Ons sien ’n blink en volhoubare toekoms vir die sopkombuis wanneer ons projek voltooi is,” het ’n verteenwoordiger van die Socrates Law Firm gesê.

Die projek sluit in die uitbreiding van die kombuis se werksaamhede na elke naweek om sodoende voortgesette ondersteuning aan die gemeenskap te kan bied.

Buiten vir die voorsiening van maaltye, is die plan ook om programme aan te bied wat fokus op onderrig, lewensvaardighede asook toegang tot noodsaaklike dienste.

“Ons glo dat diè pogings nie net in die onmiddellike behoeftes sal voorsien nie, maar ook positiewe en langtermyn-uitkomste sal verseker, en ook individue en families sal bemagtig om meer selfversorgend te raak,” het die verteenwoordiger gesê.

Die projek hoop ook om belangrike waardes in die gemeenskap en veral onder kinders vas te lê.

“Die verwagte impak van die projek op die Hakahana-gemeenskap en veral die kinders en families wat deur die sopkombuis bedien word, is om waardes soos higiëne en welstand vas te lê.

“Ons wil ook die gees van Ubuntu versprei en aan seuns meisies die waarde leer om 'nee' vir seks te sê voor hulle gereed is, om tienerswangerskappe te vermy.”

Die span van Socrates Law Firm sal die sukses van die inisiatief meet aan die hand van die terugvoer van begunstigdes en vrywilligers, die volhoubaarheid en kapasiteit van die sopkombuis evalueer en ook bepaal tot watter mate die gemeenskap hierby betrokke is.

“Deur die antwoorde hierop te kombineer, sal ons ’n omvattende oorsig van die impak van ons pogings op die sopkombuis en die begunstigdes hê,” het die span verduidelik.

Socrates Law Firm wil ook hande vat met plaaslike besighede om hul droom vir die sopkombuis te verwesenlik.

“Benewens die hulp van vrywilligers, is ons op soek na besighede en individue wat finansiële ondersteuning en skenkings kan bied.

“Ons doel is om ’n ondersteuningsnetwerk te skep wat die volhoubaarheid en groei van die sopkombuis op die lang termyn kan verseker.”

Een van die uitdagings wat die sopkombuis tans ervaar, is dat dit nie as ’n niewinsgewende organisasie kan registreer nie weens sekere sleutelvereistes wat nie nagekom is nie.

“Daar is nie aan sekere sleutelvereistes vir Afdeling 21-organisasies voldoen nie, wat ’n demper geplaas het op ons vermoë om met die registrasie voort te gaan.

“Ons bly egter daartoe verbind om Maria Savage deur die proses te lei om te verseker dat die kombuis wettiglik vir skenkings kan vra en binne die raamwerk van die wet bedryf kan word.”

Die span se raad aan studente wat ook graag ’n inisiatief van stapel wil stuur, is om ’n duidelike visie te hê.

“Bou ’n sterk span, betrek die gemeenskap, soek vennootskappe, fokus op volhoubaarheid, wees aanpasbaar, meet jou impak en hou by jou waardes.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.86 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.66/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 867.50/T UP 2.94% | Brent Crude Oil US$ 72.92/BBP UP +2.54% | Platinum US$ 968.72/OZ UP +1.55% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.86 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.66/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 867.50/T UP 2.94% | Brent Crude Oil US$ 72.92/BBP UP +2.54% | Platinum US$ 968.72/OZ UP +1.55%