Speke sing vir babas
Henriette Lamprecht - Tien fietsryers durf vanjaar die 401 kilometer in die moordende Nedbank Desert Dash oor die wêreld se oudste woestyn aan met elk een doel voor oë. Dit is om met elke kilometer die speke te laat sing vir fondse vir die kwesbare inwoners van die Ruach Elohim-stigting en ook ander stigtings wat weggooibabas beskerm, versorg en met liefde oorlaai.
Vanjaar se tien ryers vir All4thebabies is die soloryers Lester Meyer, Nathaniel Henckert, Beverly-Rae Henckert en Hans Hashagen, terwyl Michelle en Etienne Steenkamp ’n tweemanspan vorm en Elton Nikanor, Brian Hansford, Rene Strauss en Miriam Meyer deel van ’n viermanspan is. Tydens verlede jaar se Nedbank Desert Dash het All4thebabies ’n ongelooflike N$230 000 vir Ruach Elohim ingesamel.
Die Dash is iets waaraan sy altyd deelneem, sê
Beverly-Rae Henckert oor die kameraderie, die uithouvermoë en die aanhou wat op ’n heel ander vlak is.
“Jy sien die wêreld gaan slaap en jy sien die wêreld wakker word en dit voel asof jy die enigste persoon is in ’n heelal wat net vir jou gemaak is!”
Sy verstaan aanneming op ’n persoonlike vlak, vertel Beverly-Rae en om haar te verbeel iemand voel dieselfde as sy as ’n mamma, “dis hoekom ek ry!”.
Brian Hansford, alias Swazi, het in April ’n avontuur van 1 800 km saam met 29 fietsryers al langs die Trans-Kalahari-korridor aangepak en verlief geraak op Namibië en sy skoonheid. As spanspeler in sy eerste Dash sê Brian: “As fietsryers kan ons iets aan ons gemeenskap teruggee deur dit te doen waarvoor ons lief is.”
Papwiel, ofte wel Elton Nicanor, is sy bynaam te danke aan die papwiele wat hy met sy bergfiets kry en pak vanjaar sy tweede Dash aan.
“Elke rit kom met sy eie uitdagings of dit nou ruwe terrein of daardie frustrerende pap wiele is, maar ek geniet elke oomblik van die reis!”
Motivering, passie en veerkragtigheid is deel van Etienne Steenkamp se DNS. Toe sy fietsreis begin het, het Etienne ’n belofte aan homself gemaak dat hy die Dash elke jaar sal aanpak vir solank as wat die lewe hom toelaat. Vanjaar is die vyfde keer en die keer doen hy dit om die gawe om iets terug te gee te vier.
Hans Hashagen is ’n ouditeur, maar die heel belangrikste die pa van ’n tweeling en man vir Aliza wat gewoonlik sy ondersteuningspan in sy fietsavonture is. Ten minste een keer tydens die Dash kom daar ’n tyd wat jy regtig diep moet delf om aan te gaan, sê Hans, maar dit word soveel makliker as jy weet waarom en vir wie jy dit doen.
Sy Desert-reis het in 2016 afgeskop en vir Lester Meyer ’n jaarlikse tradisie geword. Vanjaar doen hy dit nie vir homself nie, maar “elke siel in die stigting”.
“Met elke las en uitdaging tydens my solorit vanjaar sal ek terugbaklei en dink aan al daardie pragtige babas!”
As vrye gees met ’n diep liefde vir die buitelewe en ma van twee wil Michelle Steenkamp standpunt inneem teen babastorting en om bewusmaking te skep.
“Om vir hierdie edel doel te ry, is my manier om die onskuldige lewens te onthou en te eer en om vir ’n veiliger toekoms vir ons kinders te baklei.”
Sy was vir jare haar man se ondersteuningsbestuurder, maar toe Miriam Meyer tydens Covid-19 haar werk verloor het, het sy ’n nuwe passie vir fietsry ontdek.
Met haar eerste Dash in 2020 wat sy gery het sonder dat sy geweet het sy is Covid-19-positief, het sy geleer wat uithouvermoë en spanwerk werklik is.
“Ek het ’n diep begeerte om ’n tasbare verskil in die lewens van kwesbare babas te maak.”
Sy reis met sy fiets word gedryf deur ’n liefde vir fiksheid, avontuur en die oop pad, sê Nathaniel Henkert of dan Zeroman. Sy deelname aan vanjaar se Dash word gedryf deur ’n begeerte om ’n positiewe impak op die lewens van babas te maak en te wys dat fietsry ’n kragtige middel vir verandering kan wees.
Bankier, ma van twee seuns en passievol daaroor om die ekstra myl in beide haar persoonlike en professionele lewe te gaan. Dit is Rene Strauss wat verlede jaar se Dash ook ten bate van All4thebabies aangepak het, in ’n neutedop.
“Verlede jaar was by verre die beste ondervinding wat ek al ooit gehad het. Ek weet nie of dit was omdat ek dit saam met drie ongelooflike vroue aangepak het nie en of ons dit vir ’n liefdadigheidsorganisasie gedoen het wat na aan ons harte lê nie. Ek het nooit gedink All4thebabies sal van vier tot tien ryers groei nie!”
As jy die lewens van kwesbare babas wil verander en All4thebabies per kilometer wil borg, gaan loer op die Facebookblad All4thebabies waar jy al die besonderhede sal vind of skakel 081 248 1604.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie