Speke sing vir babas
Die afgelope 19 maande het ’n passievolle groep fietsryers onder die vaandel van All4TheBabies duisende kilometers met hul fiets afgelê om geld vir Namibië se weggooi- en verwaarloosde babas in te samel.
So is meer as N$500 000 reeds ingesamel in 'n poging om ’n gemeenskap te bou wat daartoe verbind is om babastorting en die stigma oor aanneming uit te wis.
All4TheBabies het nou hande gevat met die Hope for Life Foundation in Windhoek met die fokus op die Hope Baby House-projek wat tans 16 babas versorg. Altesaam N$40 000 is aan die tuiste geskenk ter ondersteuning van hul basiese behoeftes.
Vir hul gemeenskapsprojek is ’n jaaroue baba by die Walvis Bay Kids Haven geïdentifiseer, met N$5 154 in bababenodighede wat geskenk is om te verseker sy word daagliks versorg.
Vir meer inligting oor All4TheBabies en hoe om dié fietsryers te ondersteun, besoek die Facebookblad All4TheBabies of stuur ’n e-pos aan [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie