St. Boniface herdenk 100ste bestaansjaar

Aurelia Afrikaner
Die St. Boniface-gemeente het Saterdag 100 jaar van geloof en die seën van ’n nuutgeboude kerkgebou in Pionierspark in die hoofstad gevier.

Die geskiedkundige byeenkoms is deur aartsbiskop Liborius Ndumbukuti Nashenda gelei, wat die heilige mis aangebied het saam met verskeie priesters.

“Ons is nie blote toeskouers in die kerk nie,” het die aartsbiskop tydens sy preek gesê.

“Soos St. Boniface en St. Andrew is ons geroep om ons unieke gawes te gebruik om ons gemeenskap op te bou en die goeie nuus te verkondig.

“Saam stap ons hand aan hand om in geloof te groei, verenig in Christus se liefde,” het hy gesê.

Die nuwe kerkgebou, ’n simbool van die gemeente se blywende geloof, is die hoogtepunt van jare se beplanning en toewyding.

Vader Timothy, die gemeente se priester, het sy hartlike dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra het tot die projek, van die argitekte en konstruksiespanne tot die gemeentelede wat mildelik van hul tyd en hulpbronne gegee het.

Hooggeplaastes wat die geleentheid bygewoon het, sluit die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die adjunk- eerste minister, John Mutorwa, en hoofregter Peter Shivute in. Die ombudsman, Basilius Dyakugha en die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, was ook teenwoordig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!