Staan Saam se skaam
Jemimah Ndebele – Aan die buitewyke van Okahandja lê die informele nedersetting Staan Saam , tuiste van honderde inwoners wat die afgelope 11 jaar in haglike sanitêre toestande woon.
Ten spyte van pogings deur plaaslike owerhede om die lewensomstandighede van inwoners te verbeter met die installering van ’n gemeenskaplike kraan met die aanvang van die Covid-19-pandemie in 2020, is inwoners steeds genoodsaak om die omgewing as hul toiletgeriewe te gebruik.
Oop stortingsterreine word buiten vir die stort van vullis, ook vir ontlasting gebruik. Saans loop inwoners die risiko om beroof en selfs verkrag te word wanneer hulle noodgedwonge die vullisterrein moet besoek.
Paulina Rooinasie, ’n inwoner en ma van drie, sê hulle het geen ander keuse nie, omdat inwoners nie toiletgeriewe by hul huise het nie.
“Ons het sulke klein, beknopte stukkies grond dat jy jou nood moet verlig in ’n emmer by jou huis en dit uitgooi wanneer almal slaap. As die emmer vol is, moet jy na die vullisterrein toe gaan. Dit is gevaarlik, veral vir ons vroue en kinders,” sê Rooinasie.
Die reeds benarde lewensomstandighede in Staan Saam word vererger tydens die reënseisoen met die oop stortingsterrein wat dreineringstelsels verstop en veroorsaak dat water opgaar. Dié water, besmet met menslike afval en vullis, vloei in mense se huise in.
“Ons bly maar net so. Sien die munisipaliteit dit nie? Wanneer dit reën, kom die vuil water in ons huise en maak ons en ons kinders siek. Wanneer hulle siek is, is dit moeilik om hulle te versorg, want daar is net een waterbron en soms werk dit ook nie,” sê die 45-jarige Hilaria Abisai.
Inwoners is ook uitgelewer aan misdaad, met diewe wat waterkaarte teiken wat maandeliks N$400 kos.
Die Staan Saam-gemeenskap het ’n beroep op die munisipaliteit gedoen om dringend die ernstige sanitasie- en waterkrisis te takel wat die nedersetting reeds vir jare teister.
Volgens die gemeenskap se verteenwoordiger
Erigirie Andima is inwoners bereid om vir dienste soos water en elektrisiteit te betaal met dien verstande die munisipaliteit diens hul grond en laat inwoners toe om dit te koop.
“Hulle sê hulle het nie geld nie, maar hulle wil nie geld hê nie. Hoekom diens hulle nie ons grond nie en maak geld uit die water- en elektrisiteitsrekeninge wat ons gaan betaal? Tot wanneer gaan ons so bly? Hulle sê volgende jaar, volgende maand, maar doen nooit iets nie,” sê sy.
Volgens gemeenskapslede is die kwessie reeds verskeie kere deur middel van briewe onder die aandag van die munisipaliteit gebring en waarin tydelike erfnommers ook versoek is.
“Ons woon gemeenskapsvergaderings by en lewer briewe by hul kantoor af en steeds gebeur daar niks nie,” het Andima gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie