Swakop Salt Company beperk toegang tot eiendom
Entoesiaste van afstandbeheerde vliegtuie, motocross-jaers meeste geraak
Volgens die kennisgewing is ongemagtigde toegang tot 'n beperkte gebied wat op 'n amptelike kaart gemerk is, streng verbode.
Swakopmunders het hul kommer uitgespreek oor ’n onlangse kennisgewing van The Salt Company wat amptelik “alle ontspanningsaktiwiteite op sy eiendom en die gebied waar die maatskappy ’n mynlisensie het” noord van die dorp verbied.
Die besluit raak verskeie groepe, insluitend motocross-jaers en gebruikers van afstandbeheerde vliegtuie.
Volgens die kennisgewing is ongemagtigde toegang tot ’n beperkte gebied wat op ’n amptelike kaart gemerk is, streng verbode.
Die maatskappy behou ook die reg voor om oortreders te verwyder. Kennisgewings op die perseel waarsku ook dat oortreders “in hegtenis geneem sal word”.
Hoewel die kennisgewing vir sommige as ’n verrassing kom, het die maatskappy se direkteur, Jannie Klein, aan Network Media Hub (NMH) verduidelik die besluit is genoodsaak om die maatskappy se eiendom te beskerm, veiligheid te verseker en orde te handhaaf.
Klein het verduidelik die kennisgewing was aanvanklik gerig op die gemeenskap van motocross-jaers langs die kus, sowel as die gebruikers van afstandbeheerde motors en vlieëniers van mikrovliegtuie wat die gebied sonder toestemming gebruik het.
Nadat dit egter op sosiale media gedeel is, was verskeie lede van die publiek en van drawwers, diegene wat met hul honde gaan stap tot bestaanshengelaars oortuig hulle word hier verbied.
“Dit was nooit bedoel om mense daarvan te weerhou om te draf of vis te vang nie,” het Klein verduidelik.
“Ons het nie ’n probleem met mense wat verantwoordelik optree nie, maar daar is egter sekere aktiwiteite wat problematies geraak het,” het hy gesê.
Volgens hom het die maatskappy probleme met vandalisme, onwettige vure en die diefstal van toerusting en petrol gehad.
ONREGMATIG
Klein sê in die verlede het die soutmaatskappy ooreenkomste met spesifieke motocross- en afstandbeheergroepe gehad wat toestemming verleen het om die grond onder streng voorwaardes te gebruik.
Soos jonger ryers die dorp verlaat of getrek het, het nuwe individue en groepe sonder formele ooreenkomste die grond begin gebruik, wat tot konflik gelei het.
“Daar is nou verskeie groepe mense wat probeer om eienaarskap van die grond te neem,” het Klein verduidelik.
“Sommige wil selfs ’n heining oprig en ’n klubhuis bou sonder om ons te raadpleeg. Dit is ons eiendom en ons kan nie ongemagtigde ontwikkeling en gekibbel toelaat nie.”
Die maatskappy is tans in gesprek met ’n motocross-klub op Walvisbaai om ’n amptelike ooreenkoms vas te maak. Dié klub sal dan die enigste gematigde motocross-gebruiker in die aangewese gebied wees en sal aan spesifieke bepalings en voorwaardes moet voldoen.
Bykomend het die nasionale wedren-owerheid ’n ooreenkoms om sekere dele van die grond vir paaie tydens hul jaarlikse wedrenne te gebruik.
Die soutpanne in die gebied is aangewys as ’n natuurbewaringsgebied danksy die ryk voëllewe wat veral voëlkykers en omgewingsbewaarders lok. Dit is een van die redes waarom sekere aktiwiteite soos motocross en mikrovliegtuie beperk word.
“Hierdie gebiede is die tuiste van skaars voëls en trekvoëls en ons kan nie versteurings toelaat nie,” het Klein gesê.
VEILIGHEID EN SEKURITEIT
In die verlede is ’n heining opgerig om ongemagtigde individue van die soutpanne en die see weg te hou weens die teenwoordigheid van kragtige pompe wat die water in en uit die panne laat beweeg.
“As iemand in een van daardie pompe beland, sal dit ’n katastrofe wees,” het hy gemaan.
“Wie gaan verantwoordelik gehou word?”
Klein het ook bevestig die maatskappy het voorheen ’n tydelike begraafplaas vir troeteldiere op sy grond gehad. Oor die jare het inwoners grafte vir hul troeteldiere naby die soutmaatskappy se eiendom gegrawe, maar is dié praktyk egter ’n tyd gelede gestaak.
Nog ’n faktor wat beperking op toegang beïnvloed, is die vinnige uitbreiding van residensiële en nywerheidsontwikkeling in die omgewing. Klein het gemaan dat die maatskappy eersdaags weens hierdie ontwikkelings gedwing sal word om sy eiendom te omhein en sodoende permanent openbare toegang beperk.
“Soos ontwikkeling voortduur sal ons nie mense kan toelaat om vrylik toegang tot die grond te kry nie. Dit sal vir veiligheids- en sekuriteitsredes omhein moet word,” het Klein gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie