Tariro matrikuleer op 14
Nikanor Nangolo – ’n Hardwerkende en vasberade jong meisie het verlede jaar op 14-jarige ouderdom die internasionale algemene sertifikaat vir sekondêre onderwys (IGCSE)-eksamens met vlieënde vaandels geslaag.
Tariro Moyo, wat van Tsumeb afkomstig is, het ’n A+-simbool in chemie, ’n C in Engels Eerste Taal en A-simbole in biologie, wiskunde en fisika behaal. Dit maak haar een van die jongste IGCSE-gegradueerdes in Afrika. Sy het haar laerskoolloopbaan op Queensdale in Harare, Zimbabwe, voltooi.
ERVARING
Tariro, wat tuisonderrig ontvang het, het die ervaring as “vreemd” en “prettig” beskryf.
“Jy word op jou eie tyd wakker. Jy het langer ure om te studeer – anders as by die skool waar jy normaalweg namiddag huis toe gaan. Ek word 09:00 wakker, begin om 10 uur studeer en dan werk ek tot 22:00 of 23:00.”
Sy het verder gesê haar studiemetodes sluit voorbeeldvraestelle, haar tutor en YouTube in.
“Ek gaan normaalweg deur baie vraestelle. As daar ’n onderwerp is wat ek nie verstaan nie, sal ek my pa vra of na YouTube-video’s kyk. Daarna gaan ek terug na die vraestelle en hou aan om dit te doen totdat ek alles verstaan en reg kan doen,” het sy gesê.
Tariro doen tans die gevorderde vlak en sy wil ’n loopbaan in toksikologie volg.
“Ek wil ’n toksikoloog word sodat ek geneesmiddels vir virusse wat tans nie beskikbaar is nie, kan vind.”
GENIEë
Tariro se pa en akademiese afrigter, Brian Moyo, sê genieë word in werklikheid gemaak en nie gebore nie.
“Cambridge het geen ouderdomsbeperking op wie die eksamen mag aflê nie. Dit is hoekom daar 10-jariges in ontwikkelde lande is wat wiskunde skryf wat matrieks gewoonlik skryf; net solank hulle ’n tutor het.
“Tariro het op laerskool met ’n paar vakke gesukkel, veral wiskunde. Nadat sy graad 5 in 2019 voltooi het, het ek haar in 2020 by die huis begin onderrig. Ons het beide die kurrikulum vir graad 6 en 7 gedoen. Aangesien dit ook die tyd van Covid-19 was, het ons besluit dat sy voltyds tuis sal skoolgaan. In plaas daarvan om hoërskool by te woon, het ek besluit sy moet matriek doen.”
ONDERRIG
Hulle het skaars van die handboeke gebruik gemaak aangesien Brian meer as 16 jaar se ondervinding in die Cambridge-kurrikulum het.
Hy het ook die 14-jarige Ndinelago Namgongo vir drie maande getutor. Namgongo het haar Cambridge-eksamen in Mei en Junie vanjaar geskryf en B-simbole in wiskunde en chemie behaal.
Hy het beklemtoon dat enigiemand in staat is om uitstaande uitslae te behaal.
“Jou kind hoef nie begaafd te wees nie. Dit gaan alles oor doeltreffende afrigting – om die regte inhoud te hê en deeglik deur dit te werk. My doel is om Namibië op die wêreldkaart te plaas in die veld van wetenskap en om die jongste IGCSE-graduandi in die wêreld te kweek,” hy het gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie