Teruggee deel van besigheidskultuur
“Ons as ’n groep gee al vir jare terug aan die gemeenskap. Dit is iets wat baie na aan Willie du Toit se hart was: sy mense en mense in geheel.
“Die FP du Toit Groep kies jaarliks verskillende projekte as deel van sy maatskaplike verantwoordelikheid in die Namibiese gemeenskap.
“Dit is iets waarmee ons aangaan,” het Stephan Terblanche, besturende direkteur van die FP du Toit Transport Groep, gesê.
Die groep het onder andere die geboue van die Namibiese polisie se plofstofeenheid in Windhoek opgeknap en oorgedoen.
“Ek kom baie na die Nampol-kantoor om persoonlik permitte vir die vervoer van plofstowwe af te teken. Die geboue was in ‘n baie swak en vervalle toestand. Ons het as ’n besigheid besluit om die situasie te takel en het die geboue opgeknap en geverf. Ons het ook die elektriese heining reggemaak en ‘n plek geskep waar polisielede tydens hul middagetes kan eet en ontspan.”
Volgens Terblanche help dit nie om net te kla en ’n geraas te maak nie, maar jy lewer nie ’n konstruktiewe bydrae nie.
“Mense maak ’n geraas en doen niks nie. Ons moet oorgaan tot aksie en dit is wat ons by FP du Toit doen. Ons probeer teruggee en dinge in ons land ten goede vir almal te verbeter. Dit is ook hoekom ons groep baie by opvoeding en opleiding asook die verbetering daarvan, betrokke is, veral by kinders op ’n vroeë ouderdom.”
Hy is ook van mening die netjiese en beter werksomgewing, is goeie motivering vir die werkers van die eenheid. Dit is nie nodig om net nuwe geboue te bou nie, die onderhoud en die omsien na alle bates, is volgens hom al wat nodig is. Dit is natuurlik belangriker dat ’n groter verantwoordelikheid- en verantwoordbaarheidsin by almal gekweek word, veral ook wat dienslewering betref.
“Wat ons hier gedoen het, het ons nie gedoen omdat ons spesiale behandeling wil kry nie. Ons wil nie anders behandel word wanneer ons vir ’n permit aansoek kom doen nie. Ons wil soos enige ander persoon of besigheid behandel word, met dringendheid en regverdig.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie