CONCERN: Over 2 000 teenage pregnancies were recorded in Ohangwena.
CONCERN: Over 2 000 teenage pregnancies were recorded in Ohangwena.

Tienerswangerskappe: 2 102 in Ohangwena

Kenya Kambowe
Uit die byna 12 000 swangerskappe wat gedurende die pasafgelope finansiële jaar in die Ohangwenastreek aangeteken is, was 2 102 tienerswangerskappe.

Die streek se goewerneur, Sebastian Ndeitunga, het die inligting tydens sy streekrede bekend gemaak en die situasie as “uitdagend” beskryf.

“Tienerswangerskappe bly ’n groot uitdaging in die streek,” het hy gesê.

“Altesaam 11 789 swangerskappe is by openbare gesondheidsgeriewe vir die verslagtydperk aangeteken. Hiervan was 2 102 tieners.”

Hoewel die kwessie van tienerswangerskappe ’n uitdaging in al 14 streke in Namibië is, is dit veral kommerwekkend in Ohangwena.

Vroeër vanjaar is berig dat 9 077 meisies jonger as 19 tussen Januarie 2020 en April 2024 swanger geraak het.

Ndeitunga het ook MIV-statistieke bekend gemaak. Volgens hom het 853 mense positief vir MIV getoets uit die meer as 49 000 mense wat getoets is. Tans ontvang 28 732 inwoners in Ohangwena antiretrovirale (ARV) middels.

“Altesaam 49 403 mense is vir MIV getoets, waarvan 853 gevalle as positief bevestig is. Die meeste gevalle ontvang antiretrovirale behandeling.

“Tans ontvang 28 732 pasiënte ARV-behandeling in die streek, met 85,3% wat die onderdrukking van hul virale lading bereik het,” het Ndeitunga gesê.

Hy het ook verwys na die program vir die voorkoming van oordrag tussen ma en kind, wat volgens hom “goed geïmplementeer is” in al die gesondheidsgeriewe in die streek.

Die program is om te verseker dat geen baba in die streek met MIV gebore word nie. Uit 1 250 babas wat aan MIV blootgestel is, is 18 met die virus gebore.

Die goewerneur sê tuberkulose (TB) is ook ’n uitdaging in die streek waar 910 TB-gevalle in die vorige boekjaar aangemeld is.

Dié pasiënte is gevolglik op die gepaste behandeling geplaas en ‘n sukseskoers van 80% is bereik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!