Tonge klap oor slypskool by die see
Boet Matthews op Rehoboth - Die tonge klap behoorlik op Rehoboth nadat sommige dorpsraadslede en munisipale personeel vir ’n weeklange “toer” na Swakopmund gereis het vir ’n strategiese beplanningsvergadering. Die uitstappie het glo N$300 000 gekos.
Dit ten koste van talle inwoners wat reeds gebuk gaan onder munisipale tariewe. Boonop is dit nog vars in inwoners se geheue dat die vorige bewin ’n soortgelyke slypskool langs die kus gehou het en met hulle terugkeer ’n bloutjie geloop het.
Van die pensioenarisse op die dorp vertel hoe hul reeds vir jare getrou hulle munisipale rekeninge betaal met die belofte dat hul skuld een of ander tyd afgeskryf sal word.
“Sommige van ons is dit deur die vorige dorpsraad en ook die huidige bestuur belowe, maar tot dusver is dit alles net leë beloftes. Wat alles nog erger maak, is dat die water skielik die hemel ingeskiet het kort voor die huidige klomp se toer na Swakopmund. Ons is bitter teleurgesteld,” het een gesê.
’n Ander was egter vol lof vir Mara Amalia Beukes en Jackie Khariseb wat hul “toergeld” in die dorpsraad se rekening terugbetaal het.
“Hulle kon wel liewers daai geldjies vir ons geskenk het, sodat ons die waterrekeninge kon skoonmaak.”
Die gemeenskapsaktivis Abes Keibeb het gesê: “Ons vind dit vreemd en uiters teleurstellend dat die sogenaamde opposisie-raadslede ons heffings en belasting sonder kennisgewing verhoog en dan terselftertyd sowat N$300 000 op ’n eenvoudige slypskool op Swakop verkwis. Is dit regtig nodig om meer as 20 personeellede van die dorpsraad op die weeklange ‘joyride’ saam te neem? Hoekom kon die slypskool nie by Oanabdam, Ochswagen of Kameeldoring gehou word nie? Die geld sou dan in Rehoboth gebly het.”
“Pasop dorpsraadlede! Julle byt letterlik die hand wat julle voed. Met daardie geld kon julle ’n gemeenskapsprojek begin het, soos ’n tuin waar ons mense kos kon produseer.”
Ook Keiseb was vol lof vir Beukes en Khariseb.
“Ek wil graag die raadslede Mara Amalia Beukes en Jackie Gariseb gelukwens met hul wyse besluit. So het hulle bewys hulle dra die gemeenskap se belange op die hart. Dankie dat julle nie ons swaar verdiende geldjies in hierdie kritieke tyd langs die see gaan mors het nie. Swapo kan trots wees op sy twee verteenwoordigers op Rehoboth.”
DORPSRAAD REAGEER
Intussen het die dorpsraad in ’n verklaring gesê die keuse van ’n bestemming so ver van Rehoboth af was nie vir ontspanning soos beweer word nie, maar is gemaak om die uitvoerende hoofde en ander senior personeel te isoleer om te verseker dat hul aandag nie afgelei word van die belangrike strategiese beplanningsvergadering nie.
Geriewe nader aan Rehoboth is gesoek om die personeel te akkommodeer, maar ongelukkig was daar nie plekke beskikbaar vir die datums van die slypskool nie, luidens die verklaring.
Die personeel het bymekaargekom om onder andere die huidige strategiese plan te hersien, tekorte te identifiseer, om strategiese planne vir 2024-’29 en strategiese langtermyn-inisiatiewe te bespreek.
Belangrike projekte van raadslede, die jaarlikse verkrygingsplan en die begrotingsoorsig vir 2024-’25 is ook onder die loep geneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie