Foto x.com/topscoresa
Foto x.com/topscoresa

Top Score Instant: Uitslae spoedig verwag

Namibiese pap in SA van rakke afgehaal
Hoewel toetsuitslae tipies tot twee weke kan neem, is gevra dat die proses bespoedig word.
Augetto Graig
Die uitslae van monsters van vir laboratorium- en forensiese toetse oor kitspap wat by die dood van drie kinders in die Oos-Kaap in Suid-Afrika betrek word, word moontlik aan die einde van die week verwag. Namib Mills het vroeër sy gewilde Top Score-kitspap as voorsorgmaatreël tydelik van die mark gehaal, terwyl ondersoek na die veiligheid van die produk gedoen word. Die produk is dadelik van winkelrakke in Namibië, Suid Afrika, Zambië en Lesotho verwyder, ná die sterfte van drie kinders in die Oos-Kaap. Na bewering het die kinders van die tuisvoorbereide pap geëet. Namib Mills sê in sy jongste verklaring by monde van sy senior handelsmerkbestuurder Marné Bouwer die maatskappy se uitvoerende hoof Ian Collard het saam met senior bestuurslede na Suid-Afrika gereis het om die betrokke gemeenskap te gaan ontmoet en om die vordering van die onafhanklike ondersoek te volg.

Ook is die produksiegroep van die vermoedelike produk uitgeken en geïsoleer.

“Hoewel toetsuitslae tipies tot twee weke neem, het ons gevra dat die proses bespoedig word om ons in staat te stel om so vinnig moontlik die uitslae bekend te maak,” het Bouwer gesê sy. Volgens die Suid-Afrikaanse nuusagentskap News24 is dit die vanielje-geur van die kitspap wat op 6 Augustus vervaardig en op 6 Februarie 2026 verval, wat herroep is. Die buurland se nasionale verbruikerskommissie het ook verbruikers aangemoedig om hul gekoopte produkte vir ‘n volle terugbetaling na handelaars terug te neem.

Ten spyte van die feit dat die voorval tot ‘n enkele huisgesin beperk is, het Bouwer beklemtoon die maatskappy bly daartoe verbind om deursigtig op te tree en met alle betrokke owerhede en rolspelers saam te werk om die feite vas te stel.

“By Namib Mills is die gesondheid en welstand van ons verbruikers ons top prioriteit,” het sy gesê. Volgens Bouwer word vervaardiging by Namib Mills met die hoogste standaarde gedoen.

Die onttrekking van die produk volg op ‘n opdrag van die Spar-groep se sentrale kantoor Saterdag en by monde van die afdeling se besturende direkteur Siyolo Dick dat Top Score Instant-produkte van die kettingwinkel se rakke verwyder moet word. Die opdrag was vir die vanielje-geur van die kitspap, met alle voorraad by verspreidingsentrums wat ook herroep en verspreiding gestaak het. Die Spar-groep het ook die oorspronklikke piesang-, grondboontjiebotter-, aarbei- en karamel-geure in die 1 kg en 2 kg-pakke van die rakke verwyder. Nog ‘n nuusagentskap in die buurland het vroeër berig die drie kinders is van Mdantsane NU2 in Buffalo City in die Oos-Kaap afkomstig. ‘n Vierde kind (7) is intussen uit die hospitaal ontslaan en is in ‘n stabiele toestand. Volgens die Daily Maverick was twee van die kinders elk 'n jaar oud, en die derde slagoffer vier jaar oud. Berigte wat op sosiale media versprei is dat die pap moontlik per ongeluk met rottegif besmet was, is nie deur die Suid- Afrikaanse media bevestig of geverifieer nie.

Namib Mill het by monde van Bouwer vroeër hul meegevoel met die betrokke families betuig en beklemtoon die maatskappy neem die kwessie baie ernstig op en is die onttrekking van hul produkte ‘n proaktiewe maatreël wat hul toewyding tot die veiligheid van hul verbruikers weerspieël. Vir enige verdere navrae kan Namib Mills by (061) 290 1000 geskakel word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.34 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.26 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1487.99 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 28.12 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.86/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.33/lb DOWN -0.0027 | Zinc US$ 2 770.00/T DOWN -1.52% | Brent Crude Oil US$ 75.91/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 1 007.54/OZ UP +0.66% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.34 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.26 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1487.99 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 28.12 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.86/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.33/lb DOWN -0.0027 | Zinc US$ 2 770.00/T DOWN -1.52% | Brent Crude Oil US$ 75.91/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 1 007.54/OZ UP +0.66%