Eveline Paulus en Elina Shikongo is twee van die San-vroue wat ’n inkomste verdien deur die lêhoenders by Tov. Foto verskaf
Eveline Paulus en Elina Shikongo is twee van die San-vroue wat ’n inkomste verdien deur die lêhoenders by Tov. Foto verskaf

Tov benodig dringend nuwe lêhoenders

Poog om sentrum selfstandig te maak
Die lêhoenders het bo en behalwe 'n inkomste vir die Tov-liefdadigheidsorganisasie ook werk en 'n inkomste aan San-vroue in die omgewing verskaf.
Tanja Bause
Vyf jaar gelede het eerwaarde Edward Amadhila, stigter van die Tov-liefdadigheidsorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb besluit om lêhoenders aan te hou en die eiers te verkoop.

Dit in Amadhila se voortdurende pogings om die sentrum selfstandig te maak.

“In 2018 het ons die hoenderhokke gebou en ’n skenking gekry waarmee ons 2 000 hoenders kon koop om met die boerdery te kon begin.”

Hy het besluit om met hoenders te boer omdat hulle nie soveel plek soos byvoorbeeld beeste nodig het nie.

“Ons hoenderhok is 12 meter by 20 meter groot. Ons het begin om 300 eiers te verkoop en op die ou einde het ons tussen 1 500 en 2 000 eiers per dag verkoop. Die hoenders het vir ons ’n goeie inkomste gegee waarmee ons ons kinders kon voed en hulle skoolfonds kon betaal. Ons het kinders in privaat skole, soos St. Boniface en op Tsumeb.

“Ons het met die geld ook salarisse betaal en die water en krag vir die sentrum en die huis in die woonbuurt betaal. Ons het beeste en bokke gekoop en nog ’n hoenderhok vir toekomstige 4 000 hoenders gebou.”

Wanneer lêhoenders te oud word, dan vreet hulle net en lê nie meer eiers nie en dit is hoekom Amadhila van die hoenders ontslae geraak het.

“Hulle moet vervang word. So ons het van hulle verkoop en ander in ons sopkombuis gebruik.”

Die hoenders het ook werk en ’n inkomste aan San-vroue in die omgewing verskaf.

“Ons het nou nog net twee van die vroue in ons diens, maar hulle werk nou in die tuin totdat ons weer hoenders kry. Ons kinders het ook in die hoenderhok oor naweke en tydens die vakansie gewerk. Hulle het kos gegee en die hok skoongemaak.”

Tov het amper ’n jaar gelede reeds 300 hoenders van ’n man bestel, maar hy het hulle tot vandag toe nog nie afgelewer nie.

“Ons het hom gerapporteer, maar daar het niks van gekom nie. Dit kos N$150 om een hoender in Suid-Afrika te koop en om dit tot by ons te vervoer. Ons vra almal – besighede, die gemeenskap, vriende van Tov en elke Namibiër vir hulp. Die hoenders verseker nie net ’n vaste inkomste vir Tov en ons kinders nie, dit verseker ook ’n inkomste aan vier San-vroue. Ek en die kinders waardeer elke sent en dank julle van harte,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!