Tree vir tree vir hoop

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Veertien vroue pak eersdaags die kronkels en klippe van die Visriviercanyon aan vir ’n stigting wat sedert 2009 die enigste liefdadigheidsorganisasie in Namibië is wat gratis gesigsrekonstruktiewe chirurgie aan kinders bied.

Die Nampharm Foundation Trust bied jaarliks ’n avontuurrit as geldinsamelingsgeleentheid aan en vanjaar is dit die eerste keer dat ’n groep bestaande uit slegs vroue deelneem. Die staptog begin op 1 Junie en eindig sowat 46 km later op 5 Junie.

Die trust is in 2005 as liefdadigheidsorganisasie gestig om mediese behandeling te voorsien en die lewensgehalte van weerlose kinders met ernstige gesondheidstoestande te verbeter.

Onder die vaandel van “hand-in-hand in hoop” het sowat 300 kinders sedert 2009 reeds by verskillende gratis rekonstruktiewe gesigsoperasies gebaat, vertel Carol Musarurwa van die trust.

Die chirurgie sluit die herstel van ’n gesplete lip en verhemelte in, met dié operasies wat gesamentlik tot N$40 000 kan kos. Dit sluit ekstra ortodontiese en tandheelkundige prosedures, sowel as kaakchirugie uit wat duisende dollar beloop.

Marianne Gouws, een van die stappers, vertel die vroue stap gereeld om voor te berei.

“Ek stap self en het van my vriendinne genader wat nie noodwendig stappers is nie. Ons stap so drie keer per week op Finkenstein en Farm Windhoek en probeer deur die week gemiddeld vyf tot sewe kilometer stap. Sondae stap ons langer. Ons dra net ons rugsak deur die dag by ons en slaap saans in ’n houthut.”

Buiten dat hulle “vir die kindertjies stap, is dit ook vir onsself” en natuurlik om ook ander en veral besighede uit te daag om by die stigting betrokke te raak. Die vroue se kos en water, asook hul vervoer word reeds geborg.

“Dit hoef nie baie te wees nie, gee wat julle kan.”

Buiten vir Marianne en Carol, stap Charlene Malan, Retha Smit, Ruth Hamilton, Sarie Mans, Igna Truter, Elize Geldenhuys, Karen van der Merwe, Millicent Utjiua Tjipute, Minullie Daniels, Sherley Mercia Kaiyamo, Lynne Totemeyer en Mercia Geises ook saam.

Vir meer inligting oor die stigting se lewensveranderende werk en om daarby betrokke te raak, kan Carol gekontak word by [email protected] of 081 124 3260.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!