Van sopkombuise tot skole
“Ons bedien elke naweek sowat 1 000 mense by twee liggings, met Laerskool AI Steenkamp wat ons tuisbasis is,” sê Tyc Kakehongo, die gesondheids- en veiligheidsbeampte van die Ongos Valley-stigting.
Die tweede ligging waar mense bedien word, roteer weekliks, met onlangse besoeke wat aan Okahandja Park en Goreangabdam gebring is.
Die stigting se werk stop egter nie hier nie. Tydens die Covid-19-pandemie is kragte met die gospelmusikante Franklin en D.A. gesnoer en kospakkies ter waarde van meer as N$100 000 is versprei. Sowat 500 huishoudings is so bereik.
“Toe Covid die land tref, het ons geweet ons moet ons werksaamhede opskerp. Ons het kospakkies aan huishoudings in nood uitgedeel en ná Covid het ons ons gereelde programme hervat,” het Kakehongo verduidelik.
’n Nuwe inisiatief, Ongos Care, is ’n uitbreiding van die sopkombuis op Saterdae en word nou na die Havana Primêre Skool uitgebrei. Dié loodsprojek wat vir die volgende drie maande van stapel gestuur is, voed elke Maandag en Vrydag 1 700 leerlinge.
“Ons het die skoolvoedingsprogram vir drie maande van stapel gestuur. Ons voed twee keer per week leerlinge om kwessies soos afwesigheid te takel en akademiese prestasie te verbeter deur te verseker dat die kinders ten minste een gewaarborgde maaltyd ontvang,” het Melanie van Dyk, die verkoopsbestuurder by Ongos Valley Development, gesê.
“Daar is genoeg finansiering en genoeg handearbeid om te verseker dat ons kinders, ons ministers, ons presidente, ons moeders en ons vaders van die toekoms met ’n vol maag kan gaan slaap,” het Van Dyk gesê.
Die stigting se visie strek verder as Windhoek, met planne om na ander streke uit te brei sodra meer hulpbronne en vennootskappe beskikbaar is.
“Gemeenskapslede van Groot Aub het ons reeds genader, en ons sien daarna uit om daar en uiteindelik ook oraloor Namibië uit te brei,” vertel Kakehongo.
Die Ongos Valley-stigting bied ook pretdae vir gemeenskappe aan, met aktiwiteite soos gesigverf, springkastele en sokkertoernooie, wat ’n vreugdevolle omgewing skep vir die kinders wat hulle bedien.
“Ons is oop om saam met enigiemand te werk wat ons passie deel om Namibiese kinders te voed,” sê Van Dyk. As jy betrokke wil raak of meer inligting oor die stigting se projekte wil hê, stuur ’n epos aan [email protected] of [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie