Vereniging vir oues ervaar uitdagings
“Die gedagte dat jy jou hele lewe lank jou hande krom gewerk het en die rug kan nie meer nie en nou moet jy jou bekommer oor waar die kos op die tafel vandaan gaan kom. Gaan jy nog ’n dak oor jou kop hê? Dit is baie erg vir my.”
Só sê Annalie Oosthuizen van die Vereniging vir Senior Burgers (W40) wat 39 jaar gelede gestig is en ten doel het om na bejaardes om te sien.
Hoewel Annalie erken sy is nog nie lank by die vereniging betrokke nie, sê sy om by te dra tot die verbetering van die lewens van senior burgers is vir haar ’n roeping.
“Die Here het vir my ’n ‘superpower’ gegee om in te samel,” sê sy.
Annalie het die werk oorspronklik alleen gedoen, maar sy sê sy het later die ander komiteelid van die vereniging ontmoet.
“Ek ontmoet toe ’n engel, Hester Koch, wat soos ek werk en op die komitee is en nou werk ons saam, maar hier maak dit net ’n duik in die bodemlose put,” sê sy.
Annalie sê egter dat die swak toestand van aftreeoorde soos Senior Park in die hoofstad die vereniging se aandag van sy hooftaak aflei.
“Niks word in stand gehou nie. Geld en bystand bestaan nie. Volgens die vereniging se beleid is ons daar om hulle positief besig te hou en te help met kos en klere. Ons fondse word nou eintlik uitgeput deur instandhouding en ons sukkel om dit te doen waarvoor ons daar is,” sê sy.
Volgens Annalie veroorsaak ’n gebrek aan beskikbare fondse van die staat dat hierdie geriewe agteruitgaan.
“Geisers breek, pype bars en die woonstelle is verwaarloos. Water kom deur die dakke van pype wat bars.
“Jy kan nie net jou skouers optrek nie, iemand moet help. ’n Mens kan nie lekker slaap as jy weet iemand kan nie warm bad nie. Verlede jaar is 20 geisers (danksy ’n anonieme skenker) reggemaak, maar daar is al weer hope wat die winter moes deurgaan met koue water en lekkasies,” sê sy.
Die onvoldoende voorsiening vir noodgevalle teister ook glo staatsaftreeoorde.
"Veiligheid is ’n nagmerrie. Baie oproepe en briewe later werk brandblussers of brandkrane steeds nie.
“Daar is ook geen noodmaatreels in plek oor wat almal doen en waar kom almal bymekaar as daar ’n krisis is nie. Daar is 150 inwoners, van wie talle nie vreeslik beweeglik is nie. Easter Court het dieselfde probleme,” sê Annalie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie