Vrywilligers maak ’n sigbare verskil

Buchters werk saam vir ’n skoner omgewing
Gemeenskapslede neem gereeld deel aan skoonmaakveldtogte wat alle inwoners bevoordeel.
Otis Daniels
“Dit is inspirerend om te sien hoe individue en gesinne bymekaar kom en hul tyd en energie opoffer om te verseker dat ons strate, parke en openbare ruimtes die sjarme en lewenskragtigheid van ons geliefde dorp weerspieël.”

Só het die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, onlangs gesê oor die skoonmaakveldtogte wat gemeenskapslede van dié dorp onderneem.

Dié inisiatief het begin nadat ’n inwoner van Lüderitz ’n groep vrywilligers gemobiliseer het om gereelde skoonmaakveldtogte in die woonbuurte uit te voer.

“Die Here het die aarde aan ons toevertrou en dit is ons plig as Christene om dit te beskerm, te versorg en te koester,” sê Yvonne Albertse.

Toe sy na die Amiss-woning (waar sy grootgeword het) in Nautilus verhuis, het die toestand van die nabygeleë speelparkie haar gepla.

“Ek het na die dames van die St. Peter’s-sopkombuis uitgereik om my met die eerste skoonmaakveldtog te help en hulle het baie positief gereageer. Vir nou is Rudolph Rhode die enigste man in ons midde en ons waardeer sy toewyding aan ons saak.”

Gewapen met harke, grawe en kruiwaens het die groep op ’n dag besluit om ’n verskil te maak.

“Ons het die hele gebied gehark, die rommel opgetel en verwyder. Die gebied is egter baie klipperig. Ons kan ongelukkig nie die hope klippe verwyder nie en het ’n beroep op die munisipaliteit gedoen om ons in hierdie verband by te staan.”

Balhao het belowe dat die raad die vullis en die klippe wat bymekaargemaak is, sal verwyder.

“Ons sou al daarvoor gesorg het, maar weens onklaar toerusting kon ons dit nog nie doen nie. Dit sal ons dringende aandag geniet.”

Die speelparkie is reg in die middel van die Nautilus-woonbuurt geleë en deur dit op te ruim het die groep daarin geslaag om die omgewing vir almal te verbeter.

“Die idee is om dit gereeld te doen. Ons is geneig om op die dorpsgebiede te fokus en van ons woonbuurte te vergeet.

“Belinda Jantjies, ’n onderwyseres, het onlangs plante by Aeroplane Bay geplant en ons is dankbaar daarvoor,” het Albertse gesê.

Sy het geborgde wegneemetes georganiseer of maaltye geskenk aan diegene wat deel van die opruimingsveldtog was.

“Ons dorp het ons nodig. ’n Mens kan nie sê jy is ’n Buchter en nie respek toon vir die plek waar jy gebore is nie.”



GEMEENSKAPSTROTS

Balhao het ook sy dank en bewondering uitgespreek vir die inwoners se merkwaardige pogings om gemeenskapsopruimings oraloor die hawedorp te organiseer.

“Jou toewyding om die netheid en skoonheid van ons dorp te handhaaf, verbeter nie net ons omgewing nie, maar bevorder ook ’n gevoel van gemeenskapstrots en verantwoordelikheid.”

Hy het gesê dat sulke inisiatiewe nie net bydra tot ’n gesonder omgewing nie, maar ook ’n kragtige voorbeeld vir toekomstige geslagte stel.

“Ek is trots om ’n gemeenskap te dien wat samewerking waardeer en proaktiewe stappe doen om ons omgewing te verbeter.

“Ek moedig almal aan om by hierdie inisiatief aan te sluit, hetsy deur aan toekomstige skoonmaakveldtogte deel te neem of bloot deur ons woonbuurte netjies te hou.”



VERVULLEND

Albertse het beklemtoon dat hulle nie sulke pragtige geriewe gehad het toe sy grootgeword het nie.

“Ons het speletjies (hokkie, springtou, amagoes, kennetjie) in die strate gespeel, die berge in die omgewing geklim of die see besoek. Daarom moet ons die kinders gedurig herinner om die geriewe wat vir hul genot opgerig is, te waardeer.”

Sy het ’n uitnodiging aan inwoners uitgereik om een ??keer per maand vir ongeveer vier ure ’n hand by te sit om sodoende ’n skoner omgewing deur die hele dorp te verseker.

“Die voordele is dat ’n mens positief voel oor ’n goeie daad wat gedoen word. Jy kry ook ’n bietjie oefening en kan terselfdertyd ’n geselsie en ’n lag geniet.”

Albertse het vir Erongo Red gewerk en in 2014 na Lüderitz teruggekeer waar sy Lighthouse Cafe, ’n snoepie in die Agatha Park-woonbuurt, geopen het.

Dit is hier waar sy besef het vrywillige werk kan baie vervullend wees.

“Ek het kinders van die buurt begin motiveer deur hulle met N$10 te beloon vir elke A-simbool wat hulle in hul eindeksamen behaal het. Dit was ’n duur oefening, maar baie lonend.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%