'Waar is die jeug?'
Gemeenskapslede op Okahandja het hul ontevredenheid uitgespreek oor ’n jeugfees wat die naweek op die dorp plaasgevind het.
Die beswaarde inwoners bevraagteken onder meer die organisering en die werklike doel van die fees.
’n Inwoner wat verkies het om anoniem te bly, het gesê die Okahandja Jeugfees is ’n goeie idee, maar daar is “geen kreatiwiteit” nie.
“Is dit nie vir die jeug om hul talente ten toon te stel en nie net te braai nie? Waar is ons eie stamgoed? Hoekom Chinese?
“Ons moet van die verlede en die toekoms weet.
Ons het meer drinkstalletjies. Kan daar ’n einde aan die alkoholstalletjies wees?” het die inwoner gevra.
Buiten die klagtes oor die verskeie stalletjies wat drank verkoop het, was die ander groot klip in die skoen die gebrek aan kulturele verskeidenheid.
Volgens beswaarde inwoners moes die fees juis ’n geleentheid vir jong mense wees om hul talente ten toon te stel asook vir die gemeenskap om hul unieke kulturele erfenis te vier.
Die teenwoordigheid van kommersiële uitstallers, insluitend diegene wat drank verkoop het, het volgens hulle egter bogenoemde doelwitte oorskadu.
Die 17-jarige Nicole Coetzee, een van die jong uitstallers, het egter die potensiaal van die fees erken.
“Die jeugfees is ’n goeie inisiatief. Hulle moet dit gedurende die hele dag hou, omdat dit ’n stryd was om gedurende die week ná skool na die stalletjie toe te kom,” het Coetzee gesê.
Lede van die gemeenskap en rolspelers het ’n beroep op organiseerders gedoen om ’n meer jeuggerigte benadering tot die fees te volg.
Dit moet voorts meer gefokus wees op plaaslike kultuur en talent om sodoende te verseker dat feeste in die toekoms die gemeenskap se waardes en ambisies beter weerspieël.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie