Waardige afskeid vir hawelose vrou
Oorleef met hulp van gemeenskap
Vriende en bure het geld vir Susanna Willemse se kis en grafsteen ingesamel.
In ’n hartroerende vertoning van deernis het inwoners van die Eros-woonbuurt in Windhoek verenig om ’n waardige afskeid aan ’n hawelose Suid-Afrikaanse vrou te gee wat in Oktober ná ’n siekbed dood is.
Bekend in die gemeenskap as hardwerkend en vriendelik ten spyte van haar swaarkry, het Susanna Willemse (67) se heengaan die gemeenskapslede ontroer wat gesê het hulle het altyd na haar omgesien.
Willemse, wat ses dae ná die viering van haar 67ste verjaardag oorlede is, het in 1989 na Namibië verhuis om groener weivelde te soek.
Apostel David Kapuka, een van die gemeenskapslede wat met haar begrafnisreëlings gehelp en dit ook waargeneem het, vertel inwoners het Willemse ondersteun waar hulle kon en met kos en basiese benodigdhede gehelp.
Sy was ’n hawelose ma sonder ’n inkomste wat met ons hulp oorleef het,” het Kapuka verduidelik.
“Soms het sy ons wasgoed gewas net om brood op die tafel te sit,” het hy gesê.
Die gemeenskap het gesamentlik N$10 000 ingesamel.
In gevalle soos dié van Susanna waar die persoon haweloos en ’n buitelandse burger is, het ’n Namibiese dokter op voorwaarde van anonimiteit verduidelik wat die prosedure is wat tipies gevolg word.
“Tydens die normale proses wat gevolg word wanneer iemand by die huis sterf, word die Namibiese polisie gekontak en die liggaam na die naaste lykshuis geneem.
“Hier bepaal dokters of die sterfte natuurlik of onnatuurlik was. Vir ’n natuurlike sterfte word ’n doodsertifikaat uitgereik en die naasbestaandes kan voortgaan met begrafnisreëlings,” het hy verduidelik.
“Vir ’n onnatuurlike sterfte word ’n nadoodse ondersoek eers vereis. Eers wanneer die nadoodse ondersoek voltooi is, kan die liggaam aan die naasbestaandes vrygestel word. As die oorledene nie ’n Namibiër is nie en niemand die liggaam opeis nie, kan die Namibiese owerhede die hulp van die Suid-Afrikaanse ambassade inroep om familielede te help opspoor.”
Aangesien Willemse nie nasionale dokumente of ’n vaste inkomste gehad het nie, tesame met beperkte ondersteuning van haar enigste seun wat werk het, sê Kapuka is die hulp van die Namibiese regering ingeroep.
Met die hulp van die gemeenskap kon haar 27-jarige seun ’n kopie van haar volle geboortesertifikaat van die Suid-Afrikaanse ambassade kry. Danksy hierdie dokumentasie kon hulle sodoende die doodsertifikaat en gevolglik toestemming vir haar begrafnis verkry.
Kapuka sê daar is by verskeie kantore waaronder die kantoor van die voormalige presidentsvrou, One Economy Foundation, asook die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn vir hulp aangeklop.
Toe dié pogings onsuksesvol is, moes die gemeenskap noodgedwonge inspring om geld vir haar begrafnis in te samel.
“As vriende en bure kon ons N$10 000 insamel wat die koste van die kis, graf en steen dek.”
Willemse is op 26 Oktober begrawe en haar grafsteen is Saterdag onthul. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie