Landboukundiges van Kelp Blue Jaandjua Kaputu, Elizabeth Nandjaya en Michael Mwinga met die waatlemoene wat buite Lüderitz met die hulp van die biostimulant Stimplus+ gekweek is. Foto verskaf
Landboukundiges van Kelp Blue Jaandjua Kaputu, Elizabeth Nandjaya en Michael Mwinga met die waatlemoene wat buite Lüderitz met die hulp van die biostimulant Stimplus+ gekweek is. Foto verskaf

Waatlemoene uit die woestyn

Tanja Bause
Inwoners van Lüderitz kon onlangs nie hulle oë glo toe hulle reuse- kraakvars waatlemoene wat in die woestyn gekweek is, in die dorp teëgekom het nie.

Die waatlemoene is deel van Kelp Blue se eksperiment om sy vloeibare biostimulant Stimplus – wat 100% van seewier gemaak is en groei bevorder – in dié dorre landskap te toets.

Kelp Blue plant reuseseewier in Shearwaterbaai aan. Die seewier groei vinnig en lê dan op die seeoppervlak.

Iriya Jona, die biotegnologie-bestuurder by die Kelp Blue-fabriek op Lüderitz, sê slegs 10% van dié “afdak” word geoes.

“Omdat die seewier so vinnig groei, is dit ryk aan groeihormone en dié hormone is waarin Kelp Blue werklik belangstel. In die fabriek word die sap uit die seewier gedruk. Die sap gaan deur ’n verwerkingsproses en word dan aan boere verkoop. Hulle sproei dit op hulle gewasse om groei te bevorder. Dit is ’n natuurlike produk sonder enige chemikalieë. Dit is ons hoofproduk, maar ons is tans besig om uit te vind wat ons nog alles uit die oorblywende proteïenryke pulp kan onttrek,” het sy gesê.

WAATLEMOENE

’n Landboukundige van Kelp Blue, Michael Mwinga, sê hulle het op sowat 300 vierkante meter geplant.

“Ons het dit in September op ’n klein stukkie landbougrond by die waterverwerkingsaanleg op pad na Agatestrand geplant. Dit is die stuk grond wat ons gebruik om ons biostimulante in die veld te toets. Ons toets ook daar wat in die droë en harde klimaat van Lüderitz kan groei. Ons het 122 waatlemoene geoes,” het hy gesê.

Elizabeth Nandjaya, nog ’n landboukundige van Kelp Blue, het gesê hulle het die waatlemoene aan drie primêre skole op die dorp geskenk.

“Die Lüderitz Blue School, die Primêre Skool Nautilus en Van Rhyn het van die waatlemoene gekry. Die streekraadslid se kantoor het ook gekry om uit te deel en van die restaurante waar Kelp Blue hulle groen-afval vandaan kry wat ons op ons landbougrond gebruik. Al ons werknemers het natuurlik ook die vrugte van hul harde werk geniet.”

TOEKOMS

“In 2024 eksperimenteer ons met verskillende gewasse, insluitend aartappels, giersgras, botterskorsies, lusern, olywe en vele meer. Ons wil sien hoe doeltreffend Stimplus is om die groei van gewasse in ’n woestynomgewing met uiterste klimaatstoestande te bevorder,” het Mwinga gesê.

Die uitvoerende hoof van Kelp Blue, Daniel Hooft, het bygevoeg: “Ons gaan vye, sisal, aalwyn, Kalahari-spanspekke, Afrika-horingspanspekke (kiwano), Namib-mirre, aapdoring vir Arabiese gom, lukwart, lemmetjies, wildevye, en nog baie meer plant.

“Dit is deels agronomiese navorsing, deels nuuskierigheid oor wat hier gaan werk en deels ’n poging om ’n klein afgeleë stukkie winderige woestyn in ’n tuin van Eden te omskep.

“Sommige van daardie plante en bome sal dekades, indien dalk eeue, neem om volwassenheid te bereik – wat ons maatskappy se langtermyn-visie weerspieël. Ons fokus op hoe om die wêreld vir ons kinders en kleinkinders en hul nageslag te verbeter,” het hy gesê.

“Ons is seker dat met inisiatiewe soos hierdie, Kelp Blue groot belangstelling sal lok om boerderyprogramme in Lüderitz te implementeer met die hoop om een dag ’n volhoubare voedselsentrum te skep, met verminderde of geen gebruik van sintetiese kunsmis,” het Mwinga gesê.

Die projek het ten doel om plaaslike gemeenskapslede te betrek en is in samewerking met die streekraadslid se kantoor, Lüderitz se dorpsraad en die ministerie van landbou, water en bosbou.

“Mettertyd sal hopelik ’n paar ekonomies lewensvatbare, hoë-waarde, lae-volume-gewasse geïdentifiseer word wat tot die plaaslike ekonomie kan bydra en werk en mense se lewensbestaan kan bevorder.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.34 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.26 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1487.99 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 28.12 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 870.21/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.31% | Zinc US$ 2 791.50/T DOWN -0.76% | Brent Crude Oil US$ 76.21/BBP DOWN -0.0062 | Platinum US$ 1 004.21/OZ UP +0.33% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.34 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.26 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1487.99 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 28.12 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86452.63 Up +1.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.86 Up +0.86% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16246.33 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29668.47 Down -0.29% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 870.21/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.31% | Zinc US$ 2 791.50/T DOWN -0.76% | Brent Crude Oil US$ 76.21/BBP DOWN -0.0062 | Platinum US$ 1 004.21/OZ UP +0.33%