Sebastian Ndeitunga. FOTO ARGIEF
Sebastian Ndeitunga. FOTO ARGIEF

Wanvoeding eis tol in Ohangwena

18 sterftes vanjaar aangemeld
Ndeitunga sê sy kantoor werk nou saam met die gesondheidsdirektoraat om wanvoeding in die streek te takel.
Tuyeimo Haidula
Wanvoeding is die grootste gesondheidskrisis wat Ohangwena in die gesig staar, met die streek wat 'n totaal van 94 sterftes sedert 2022 aangeteken het.

Uit hierdie getal is 18 sterftes net vanjaar aangeteken. Die syfers is deur die goewerneur Sebastian Ndeitunga bekendgemaak wat sê ‘n inisiatief deur die Wêreldvoedselprogram sal in die komende weke in die streek van stapel gestuur word. Dit sal vir ses maande vanaf Oktober tot Maart 2025 in Ohangwena en ook Kunene uitgerol word. Ndeitunga sê hoewel die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie verlede maand tuingereedskap en kleinskaalse besproeiingstelsels aan ‘n aantal begunstigdes in die streek oorhandig het, sal dit tyd neem om opbrengste te lewer om aan inwoners kos te kan verskaf.

“Dit is alles deel van noodreaksiepogings om die verskeie skokke te bestuur en lewensbestaan te verbeter. Ek is bekommerd oor die getalle, ons kan nie mense in die land hê wat van honger doodgaan nie,”het hy gesê.

Ndeitunga het bygevoeg sy kantoor werk nou saam met die gesondheidsdirektoraat van die streek om mense met wanvoedig te monitor wat uit die hospitaal ontslaan is. Dit is om seker te maak hulle herstel ten volle en om enige verdere sterftes te vermy.

“Dit is ons hoofdoel as regering om lewens te bewaar. Die goewerneur se kantoor is ook besig met openbare onderrig om enige verdere sterftes te vermy,” het Ndeitunga by navraag aan Netwerk Media Hub (NMH) gesê. Volgens hom is die skoolvoedingsprogram ook ‘n kritieke component van die stryd teen wanvoeding.

In reaksie op die krisis het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se direkteur van gesondheid in die streek, Robert Nandjila, gesê verskeie sleutel inisiatiewe is van stapel gestuur en wat insluit openbare uitreikingsprogramme in verskeie kiesafdelings van die streek. Een van die programme is ‘n program vir die evaluering van voeding asook ‘n beradingsdienste. Laasgenoemde speel ‘n noodsaaklike rol in die roetine monitering van groei, voedselverskaffing en die bevordering van borsvoeding. Die programme is by alle openbare gesondheidsgeriewe en hospitale en ook by kiesafdelings se kantore van stapel gestuur.

Nandjila was huiwerig om die presiese getal bekend te maak van inwoners wat tans behandeling vir wanvoeding kry en gesê dit is pasiënte se vertroulike inligting.

“Ons kan nie daardie inligting bekendmaak nie.”

Volgens gesondheidswerkers verskaf die ministerie ook ontwurmingsmedikasie sowel as vitamien A tydens openbare uitreikingsprogramme. Die ministerie het ook kragte saamgesnoer met die ministerie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn om die veelvlakkige kwessie van wanvoeding in die streek aan te spreek.

Nandjila het ‘n beroep op pasiënte gedoen wat vroeër weens wanvoeding in die hospitaal opgeneem is en steeds nie gesond is nie, om dadelik weer by die naaste gesondheidsgeriewe aan te meld. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!