Waterglyplank wel oop dié feestyd
Planne gaan voort
'n Paar honderd vakansiegangers het glo reeds oor die afgelope week die glyplank op Hentiesbaai besoek.
Die immergewilde waterglyplank op Hentiesbaai, ook bekend as die Supertube, is wel dié feesseisoen vir vakansiegangers oop.
Dit nadat die tender om die ontspanningsgerieweop Hentiesbaai te bestuur onlangs aan Coenie Steyn toegeken is.
Dit het weke gelede gelyk of die waterglyplank eers in Desember 2023 vir vakansiegangers oop sou wees aangesien die glyplank na bewering buite werking was en glo aansienlike herstelwerk benodig het.
Steyn het nadat die tender ’n maand gelede aan hom toegeken is, gesê: “Die glyplank moet uitmekaar gehaal en oorgebou word. Ek wil ook graag ’n minigholfbaan en knortjorbaan bou en ’n koffiewinkel vir die ouers.”
Steyn het wel dié week bevestig dat ’n paar honderd vakansiegangers reeds oor die afgelope week die glyplank besoek het.
Hy het gesê: “Dit het baie tyd en geld gekos om die glyplank gereed te kry.”
Die Hentiesbaai-munisipaliteit het onder kritiek deurgeloop weens die feit dat geen tender om die waterglyplank te bestuur weke voor die begin van die vakansieseisoen toegeken is nie.
Steyn het egter nie gras onder sy voete laat groei toe die tender aan hom toegeken is nie, met planne vir ’n minigholfbaan en ’n verskeidenheid ander geriewe.
“Ons is ook nog besig om van die swembadjies reg te maak,” het Steyn gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie