Welkom tuis

Afstammelinge van Ovaherero keer terug
Die repatriasie word in twee fases gedoen met die eerste groep wat Vrydag teruggekeer het.
Jemima Beukes
Afstammelinge van die Ovaherero wat tydens die Duitse volksmoord uit die destydse Duits-Suidwes-Afrika (nou Namibië) na die voormalige Betsjoeanaland (nou Botswana) gevlug het, het begin terugkeer, maar nie al die 98 geregistreerde individue het die grens oorgesteek nie.

Volgens die regeringsamptenare was dit omdat sommige besluit het om langer in Botswana te bly om persoonlike sake te finaliseer.

Die repatriasie word in twee fases gedoen met die eerste groep wat Vrydag teruggekeer het. Sommige het hul terugkeer weens persoonlike sake uitgestel, terwyl Namibië en Botswana steeds werk aan die tweede groep se terugkoms, wat vee insluit.

Die goewerneur van die Otjozondjupastreek, James Uerikua, het aan die Batswana gesê dat hulle intussen in 'n ontvangsgebied geplaas sal word en van daar af by die Namibiese samelewing geïntegreer sal word.

“Pogings is op hoë vlak aangewend vir 'n ontvangsgebied rondom Gam. Die regering is van mening dat julle nie net in daardie ontvangsgebied sal oorleef nie.

"Daar is gesoek na 'n boerderygebied wat dit vir julle in staat sal stel om ekonomies uit te brei. ’n Gebied van sowat 250 000 hektaar grond is beskikbaar gestel, skoongemaak, padinfrastruktuur word gebou en natuurlik is waterinfrastruktuur beskikbaar gestel,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat diegene met vee van behoorlike kommunale grondgebied voorsien sal word, maar hulle sal deur die lynministeries gelei word.



TWEEDE FASE

Die tweede fase van die repatriasie wat nog afgehandel moet word, sal binnekort aangekondig word met die tweede groep se vee wat ook ingesluit sal wees.

“Ons is bewus daarvan dat met die eerste fase sommige kwessies soos onder meer burgerskap geopper is. Die meeste van hierdie individue het reeds afstand gedoen van hul Botswana-burgerskap en die Namibiese regering sal verseker dat hulle burgerskap kry. Beskou jouself as gelykes in jou moederland,” het die goewerneur gesê.

Hoofman Sam Kambazembi van die Kambazembi-koningshuis, het aan die geraptrieerdes gesê Namibië is 'n demokratiese land wat deur die oppergesag van die reg beheer word.

"Natuurlik is dit jou hoop om terug te keer na die grond waar jou grootouers vandaan kom, maar dit is nie moontlik nie," het hy gesê.

Die minister van nasionaliteit, immigrasie en geslagsake van Botswana, Maria Mokgethi, het gesê dit is goed vir hulle as ministers om eerstehands die proses te beskou wat die gerepatrieerdes moes deurgaan wanneer hulle die grense oorsteek.

“Vandag is sonder twyfel 'n aangrypende oomblik wanneer ons afskeid neem van ons eie, voorbeeldige burgers wat gekies het om hul voorgeslagte of afkoms te volg deur na Namibië te verhuis. Van so lank gelede as 1956 het hierdie gemeenskappe nog altyd 'n begeerte uitgespreek om terug te keer,” het sy gesê.

Albert Kawana, minister van binnelandse sake, het gesê die hervestiging is 'n geskiedkundige dag en dit is belangrik om daarop te let dat Namibië se geskiedenis van bevryding en weerstand vol pyn is.

“Die regering het 'n gemeenskaplike gebied in Gam met boerdery-infrastruktuur verseker en ontwikkel. Die ministerie het ook voedsel en tente vir ons burgers bekom. Gehoorsaam ons wette van Namibië soos julle aan die wette van Botswana voldoen het,” het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!