Werk vir kos-groep ploeg stééds terug

Vrywilligers aan die woord
Die vrywilligers het almal hartlik bedank vir hul skenkings. Terselfdertyd het enkeles onder hulle intussen 'n heenkome gevind.
Elvira Hattingh
Grootfontein se werklose vrywilligers, wat die dorp skoonmaak in ruil vir kos en skenkings, is tans besig om die gebied agter die dorp se Metro skoon te maak. Hulle werk reeds vir drie weke onverpoos. Dit volg nadat die groep van sowat 50 werklose vrywilligers onlangs besluit het genoeg is genoeg – hulle wíl werk en sal die dorp skoonmaak in ruil vir kos. Hulle het toe, onder leiding van die dorp se burgemeester, me. Thalita Garises, met grootskaalse skoonmaakwerk begin – aanvanklik agter die dorp se staatshospitaal. Intussen het plaaslike ondernemings en individue hul hande en harte oopgemaak om aan die inisiatief te skenk, terwyl iemand reeds vir ses van die vrywilligers werk op Otjiwarongo aangebied het. Die res van die vrywilligers was Dinsdag agter die dorp se Metro besig om bosse te verwyder en skoon te maak, terwyl Garises by tye self hul handewerk kom inspekteer en gesorg het dat hulle elke dag kos ontvang. Een van die vrywilligers, die 18-jarige Kalenga Uirab, sê tot dusver probeer hy ’n bestaan maak deur voertuie te was. Hy het egter by die skoonmakers aangesluit, want hy help sy werklose ma om vir ses jonger broers en susters te sorg. Mnr. Thomas Gamseb het almal bedank wat skenkings gemaak het en sê almal hier “wil werk”. Hy sê die vrywilligers is dankbaar vir alles en veral die kos, maar het ook ’n behoefte aan toiletware soos toiletpapier, badseep, tandeborsels, asook ou klere en skoene. Een van die leiers van die skoonmakers, mnr. Derk Goebeb, sê die mense is dankbaar oor die kosskenkings, maar sal ook kontantskenkings waardeer omdat hulle ook nodig het om sekere benodighede te kan koop. Me. Melisa Gaeses sê die vrywilligerswerk help haar om vir haar twee kinders en haar ma te kan sorg, terwyl mnr. Hermanus Naseb sê dis ook belangrik dat die dorp skoon moet wees, vir beter sekuriteit. Intussen is die nuus oor die werk vir kos-groep wyd in die sosiale media versprei, met talle ander wat meen dieselfde inisiatief kan in ander dorpe van die land van stapel gestuur word. Enige een wat items aan die vrywillige skoonmakers wil skenk, kan die Grootfontein se burgemeester self of die munisipaliteit se sekretaresse by 067 243 100 kontak. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!