Werkloses maak dorp skoon vir kos

‘Ons wil werk, ons maak nie grappies’
'n Groep werklose vrywilligers op Grootfontein sê hulle "kan nie langer so lê nie" en het begin om die dorp skoon te maak – in ruil vir kos.
Elvira Hattingh
“Ons het begin om ons dorp skoon te maak sodat hy oulik lyk. As iemand die dorp inry, moet hy smile en hy moet op ’n skoon plek wees.”

So gesels mnr. Paulus Shipikita, die “voorsitter” van ’n groep van vyftig werklose vrywilligers op Grootfontein wat besluit het genoeg is genoeg – hulle sal die dorp skoonmaak in ruil vir kos.

Hulle het toe, onder die leiding van die dorp se burgemeester, me. Thalita Garises, met grootskaalse skoonmaakwerk begin.

Shipikita sê hulle het die burgemeester met ’n voorstel genader om die dorp skoon te maak en terwyl sy nog besig was om reëlings te tref om hulle te akkommodeer, het hulle besluit om nie te wag nie, maar sommer by die dorp se hospitaal gaan aanklop om rondom die perseel skoon te maak.

“Ons wou net bewys ons is daar om te werk. Ons maak nie grappies nie. Ons soek werk, ons het kinders, gestremde mense en oumense om te versorg; ons wil nie net rondlê nie. En ons het ’n behoefte aan alle skenkings wat ons ontvang,” het Shipikita gesê.

“Ons stop ook nie hier nie; ons gaan vorentoe. Ons moet hierdie hele dorp ten goede verander. Die regering moet ons help, ons het opgestaan om die beste ding vir ons dorp en vir ons land te doen,” sê hy.

“Ons is mense wat by die nuwe Kap-en-Bou nedersetting bly en swaar trek. Dis ’n deel van die dorp wat tydens die Covid-19 pandemie ontstaan het. Ons het nie water nie, ons het nie krag nie.”

GAAN VOORT

Grootfontein se burgemeester, as koördineerder en inisieerder van die kos-vir-werkprogram, was Donderdag op die perseel langs die hospitaal, waar die vrywilligers besig was om op te ruim en skoon te maak.

“Ons is nog lank nie klaar met die skoonmaak van Grootfontein nie,” het Garises gesê en verduidelik dat die plaaslike owerheid reeds op 19 Augustus ’n eerste skoonmaakveldtog gehou het. Dit is opgevolg deur die nasionale skoonmaakveldtog op 17 September.

Die groep werklose gemeenskapslede, wat hulself die “Kap-en-Bou Komitee” noem, het haar kantoor meer as een keer genader vir werk.

“Hulle wil Grootfontein skoonmaak. Ek het gevra dat hulle my eers tyd gee om dit met die dorpsraad te bespreek, wat ek gedoen het. Die mense het egter intussen self aangedui dat hulle vir kos wil werk.

“Ons betaal hulle nie in kontant nie; hulle werk vir kos.”

Hulle het self ook onlangs die dorp se staatshospitaal se bestuur genader om rondom die perseel skoon te maak. Hulle is ingelig dat die hospitaal hulle ook nie sal kan betaal nie.

“Ek kan nie hierdie mense met leë hande terugstuur nie. Hulle wil iets vir hul dorp doen,” het Garises gesê.

Die burgemeester het toe eie inisiatief geneem en uitgereik na rolspelers in die gemeenskap om vir donasies te vra. Intussen het die munisipaliteit self water en koeldrank vir die vrywilligers geskenk en ook van hul toerusting beskikbaar gestel sodat die dorp skoongemaak kan word.

SKENKINGS

Sy sê die groep mense sal volgende die beboste gebied agter Metro skoonmaak en daarna ook by die verwelkomingsbord van die dorp. “Ons sal aanhou totdat ons die hele dorp skoongemaak het. Dis waarmee ek tans besig is en ek sal nie daarmee ophou nie,” het Garises gesê.

Sy sê verskeie gemeenskapslede het reeds bydraes gemaak – sommige het geld en ander het kos gegee.

“Een boer het vyf sakke kool en twee sakke beet vir die skoonmakers geskenk, terwyl ’n ander boer en prominente sakeman op die dorp ’n sak bone vir elke vrywilliger gegee het. Nog iemand het seep en suiker geskenk, terwyl talle mense reeds geldelike bydraes vir die inisiatief gemaak het.”

Sy sê munisipale werkers soos Anna Ochurus, Susanna Swartz en Herman Gaweseb versterk haar hande in die proses, terwyl die munisipale bestuurskomitee se voorsitter, me. Elizabeth Kastoor, hulle ook bygestaan het.

Enige een wat items vir die vrywillige skoonmakers wil skenk, kan met Grootfontein se burgemeester self of die munisipaliteit se sekretaresse by 067 243 100 in verbinding tree.

Kommentaar

Republikein 2025-02-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:07, High tide: 05:11, Low Tide: 23:08, High tide: 17:22 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:05, High tide: 05:09, Low Tide: 23:06, High tide: 17:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: NW, Low tide: 11:05, High tide: 05:08, Low Tide: 23:06, High tide: 17:19 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362 Sport results: Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Weather: Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:07, High tide: 05:11, Low Tide: 23:08, High tide: 17:22 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:05, High tide: 05:09, Low Tide: 23:06, High tide: 17:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: NW, Low tide: 11:05, High tide: 05:08, Low Tide: 23:06, High tide: 17:19 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362