Wilderness Namibia het sedert November vanjaar 600 kospakkies uitgedeel wat 1 600 mense tydens die droogte ondersteun. FOTO WILDERNESS
Wilderness Namibia het sedert November vanjaar 600 kospakkies uitgedeel wat 1 600 mense tydens die droogte ondersteun. FOTO WILDERNESS

Wilderness verleng voedselhulp tot volgende jaar

Ellanie Smit
Wilderness Namibia help sy gemeenskappe tydens die ergste droogte wat in dekades in die land ervaar word deur broodnodige voedselhulp te versprei.

Dit is deel van hul deurlopende droogteverligting-voedingsprogram.

Wilderness het gesê dat die maatskappy sedert November vanjaar meer as 600 kospakkies aan agt gemeenskappe afgelewer het in sommige van die dele van die land wat die ergste geraak is en 1 600 mense ondersteun wat basiese voeding dringend nodig het.

Wilderness sal tot in Januarie volgende jaar met hierdie inisiatief voortgaan om diegene te help wat voedselonsekerheid ervaar wat na verwagting die moeilikste droogtetyd sal wees. Dit sal die totale aantal kospakkies wat versprei word op 1 200 te staan bring.

"Wilderness het al meer as 30 jaar sterk, wedersydse positiewe werksverhoudings met baie van hierdie gemeenskappe en ons het nog altyd geglo dat belegging in die welstand van mense en plaaslike gemeenskappe die sleutel is tot die beskerming van die die omgewing en wild," sê Axel Henderson Wilderness Namibia se besturende direkteur.

“Ons is dus uiters dankbaar dat ons 'n skenking van N$892 000 van die Michael and Karen Stone Family Foundation verkry het om die erge voedselonsekerheid wat ons gemeenskappe in die gesig staar – geleë in of naby die bewaringsgebiede waar ons bedrywig is - te verlig. Dit sluit in Doro !Nawas, Ehi Rovipuka, Anabeb, Torra, Sesfontein, Marienfluss, asook gemeenskappe in en om Rietoog en Mariental,” het Henderson gesê.

Die impakbestuurder van Wilderness Namibia, Agnes Tjirare-Kerii, het gesê dat hierdie droogte verwoestend is vir die mense van Namibië sowel as vir vee en wild waarop hulle staatmaak vir hul lewensbestaan.

“Sonder reënval staar gemeenskappe ernstige watertekorte in die gesig, wat beteken dat daar nie genoeg drinkwater is nie, hul oeste misluk en hul vee vrek. Tjirare-Kerii het gesê dat hulle hierdie realiteite erken en hoop dat hierdie inisiatief sal help om die ergste van die situasie te verlig totdat die reën kom.

"Ons het ons gemeenskapsleiers geraadpleeg met hierdie ingrypingsplan, insluitend die inhoud in elke pakkie vir maksimum voeding."

Volgens Tjirare-Kerii kan elke kospakkie wat uitgedeel word tot vier mense vir een maand onderhou. Dit sluit sout, vuurhoutjies, kookolie, sop en sopmengsel, kitsgis, witbroodmeel, mielies, suiker, rys, tee en koffie in.

“Ek is gelukkig om die pakkies namens Wildernis Namibië aan die gemeenskappe te versprei en het die verligting in die oë van bejaardes en breë glimlagte op die gesigte van jonger lede aanskou toe ons voertuie arriveer.”

Benewens die ondersteuning wat regoor Namibië ontplooi word, brei Wilderness ook sy droogteverligting-voedingsprogram uit na gemeenskappe in nood in Botswana, Zimbabwe en Zambië en lewer 'n totaal van 9 000 noodkospakkies aan ongeveer 12 500 mense tussen November 2024 en Januarie 2025.

Kommentaar

Republikein 2025-02-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer