Windhoek beplan 20 terreine vir informele handel
Verskeie kwessies soos die regulering van informele handel en uitdagings in munisipale dienslewering in Windhoek, is gister tydens ’n inligtingsessie deur die stad se burgemeester, Queen Kamati, en die uitvoerende hoof Moses Matyayi, aangespreek.
Die regulering van informele handel was een van die hooffokusse, met Kamati wat die munisipaliteit se pogings uiteengesit het om die vinnig groeiende informele handelsektor te bestuur.
Volgens haar het die stadsraad 'n ontwikkelingsprogram vir oop markte begin het, met 18 markte wat tans oraloor die hoofstad in bedryf is.
In reaksie op die toenemende aantal informele handelaars wat op plekke sake doen wat nie geregistreer is nie, het die munisipaliteit ’n plan vir markontwikkeling goedgekeur wat glo die identifisering van 20 bykomende terreine vir markte sal verseker.
“Die projek het ten doel om geskikte terreine binne die stad toe te ken wat basiese dienste soos lopende water en ablusiegeriewe afhangend van beskikbare fondse verskaf,” het Kamati verduidelik.
METERS WORD GEBLOK
Een van die ander kwessies wat aangespreek is, was die voortdurende omstredenheid oor die blokkering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters vir inwoners met uitstaande munisipale rekeninge. Volgens Kamati sal Stad Windhoek voortgaan om die maatreël toe te pas.
“Die blokkering van meters word as laaste uitweg gebruik om agterstallige kliënte aan te moedig om hul uitstaande rekeninge te betaal. Met die erkenning dat die munisipaliteit geen wette oortree deur hierdie metode te gebruik nie, sal ons daarmee voortgaan," het Kamati gesê.
Sy het beklemtoon dat die benadering noodsaaklik is vir die finansiële volhoubaarheid van die stad se dienste.
“Versuim om vir dienste te betaal, kan lei tot aansienlike finansiële tekorte wat ons vermoë belemmer om noodsaaklike dienste aan ander inwoners te lewer,” het sy bygevoeg.
Kamati het ook tekortkominge in die munisipaliteit se rekeningstelsel aangespreek en inwoners verseker dat die kwessie met die grootste professionaliteit hanteer word. Stad Windhoek het Deloitte as eksterne ondersoekers betrek en 'n forensiese ondersoek van stapel gestuur. Sy het inwoners versoek om enige onreëlmatighede in hul rekeninge by die munisipaliteit aan te meld.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie