Windhoek se bejaardes uiteindelik bederf
Die Windhoek-munisipaliteit het deur die burgemeesterstrustfonds vir inwoners verlede week 'n spesiale middagete ter viering van Onafhanklikheidsdag by die Onghuwo Yepongo-gemeenskapsaal in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in die hoofstad aangebied.
Die geleentheid het hulde gebring aan meer as 50 individue in 'n gebaar van solidariteit, erkenning en ondersteuning.
Ndeshihafela Larandja, burgemeester van Windhoek, het die belangrike rol beklemtoon wat Namibië se oudstes in die land se stryd vir onafhanklikheid gespeel het en na hulle as die fondament van die nasie verwys.
"Baie van julle hier het bygedra tot Namibië se transformasie van sy vryheidstryd tot die florerende, onafhanklike nasie wat ons vandag is. Jul wysheid en ervaring bly 'n rigtinggewende lig vir toekomstige geslagte, wat verseker dat ons voortbou op die grondslag van eenheid, ontwikkeling en vrede," het sy gesê.
Larandja het erken dat nie alle bejaardes op 21 Maart onafhanklikheidsdagvieringe sou kon bywoon nie, daarom is die vieringe direk na hulle gebring.
Sy het gesê die geleentheid is gehou ter ere van "die wysheid, veerkragtigheid en bydrae van ons bejaardes, wat 'n onskatbare rol gespeel het in die vorming van geskiedenis en vooruitgang van ons geliefde nasie".
Die byeenkoms was aanvanklik beplan as deel van die burgemeester se Kersete in Desember 2024, maar is weens onvoorsiene omstandighede uitgestel.
“Ons hou daarom vandag ons belofte gestand deur seker te maak dat ons steeds ons bejaardes vereer op ’n gepaste manier om ons waardering vir hul belangrike rol in ons gemeenskap uit te spreek.
“Jul geduld en begrip word opreg waardeer,” het Larandja gesê.
BURGEMEESTERSTRUST
Die geleentheid vorm deel van die poging om kwesbare Windhoekse inwoners te ondersteun deur die burgemeesterstrust wat vanjaar N$200 000 voorsien het om maaltye, kospakkies en ander vorme van hulp aan meer as 500 bejaardes oraloor Windhoek te verskaf.
Bykomend tot die middagete het die bejaarde inwoners noodsaaklike kospakkies ontvang wat 2,5 kg mieliemeel, 2,5 kg suiker, 1 kg rys, 500 ml kookolie, 500 g macaroni, ingemaakte vis en 'n pakkie sop bevat, om te verseker dat hulle oor die basiese benodighede beskik om hul welstand te verseker.
Die geleentheid is moontlik gemaak in samewerking met korporatiewe vennote, insluitende First National Bank of Namibia en ander sleutelvennote.
Oor Namibië se 35 jaar van onafhanklikheid, het die burgemeester gesê: "Terwyl ons 35 jaar van onafhanklikheid herdenk, verwelkom ons 'n nuwe dekade van vrede en stabiliteit, wat die geskiedkundige inhuldiging van ons vyfde en eerste vroulike president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, kenmerk."
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie