Avontuur van ’n leeftyd gewaarborg
Elke rivier in Skedelkuspark bereik die see
Hierdie magiese, ruwe, verafgeleë plek is skatryk aan geskiedenis.
Die Skedelkuspark in Kaokoland is seker die laaste gedeelte werklik ongerepte natuur wat in Namibië oor is.
In die park wat 40 kilometer breed en 500 km lank is, ontmoet die koue Atlantiese Oseaan die duine en woestyn. Aan sy noordgrens is die uitmonding van die Kunenerivier, wat ook die grens tussen Namibië en Angola vorm. Die park het slegs twee ingange – die Ugabrivier-hek op die C34 en die Springbokwasser-hek op die D3245.
Die C34-hoofpad lei eers na die Torrabaai-kampeerplek en dan verder noord met die kus langs tot by Terracebaai Lodge, wat beide aan Namibia Wildlife Resorts (NWR) behoort. Nog verder noord is die Shipwreck Lodge wat aan die oewer van die Hoarusibrivier geleë is en ook die laaste lodge in die park is.
Die park is in twee verdeel. Die suidelike deel strek vanaf die Ugabriviermond tot Torrabaai. Die noordelike deel vanaf Torrabaai tot die Kunenemond mag net besoek word met begeleiding van ’n gekwalifiseerde toergids en konsessiehouer.
Die park kry sy naam van die talle walvisse wat op die strand uitgespoel het. Maar nie net walvisse het aan dié kuslyn omgekom nie. Vele menslike reisigers het ook hul lewens verloor met die skepe en bote wat hier weens die rowwe see, digte mis, sterk winde en onvoorspelbare seestrome gestrand het.
Seevaarders wat die land gehaal het, het bykans geen kans op oorlewing in die onherbergsame omgewing gehad nie en het van dors gesterf.
Stukke van die skeepswrakke lê vandag nog oor die strandgebiede gestrooi. Ook ou myntoerusting en ’n olieboor van ’n vervloë era kan nog gesien word.
Die storie agter die oorblyfsels van ’n houtskuiling wat die 42 gestrande passasiers en bemanning van die Dunedin Star in die vroeë 1940’s gebou het, is ook iets besonders. Jakkalse, bruin hiënas, robbe, gemsbokke, springbokke, verskillende seevoëls en woestynaangepaste leeus en olifante tel onder die park se wildlewe.
Möwebaai, Rocky Point en Cape Fria is van die plekke langs die kuslyn. Cape Fria is saam met Kaapkruis in 1486 deur die Portugese seevaarder Diogo Cão ontdek.
Vanaf 12 Februarie was ek in ’n groep van 29 mense in 12 bakkies wat die hengeltoer met West Skeleton Coast Angling Tours in die hande van Leon Krause en Johann Burger aangepak het. Min het ons geweet dat die toer histories sal wees omdat ons met die terugkoms vir ure voor die Hoarusibrivier in vloed sou moes wag, omdat elke droë rivier aan die Skedelkuspark-kuslyn tot by hul uitmonding in vloed was en ons met 4x4’s deur hulle almal moes ry.
DROË RIVIERE IN VLOED Met ons toer noord na die verste draaipunt Kunenemond het die Huab- en Khumibrivier op 11 Februarie reeds in die see in gevloei. Met die terugkoms ’n week later het elkeen van die sewe riviere van die Kunenemond tot by die Ugabrivier-hek die see bereik.
Die Khumib, Hoarusib, Hoanib, Uniab, Koigab, Huab en Ugabrivier het die see ingestroom en die branders kuslangs in sjokolade branders verander.
Die Khumib was eerste en het nie sterk gevloei nie. Ons 12 bakkies het gou-gou deur die rivier gery. Hoewel die watervlak veel hoër was as met die eerste aankoms, het ons toergidse ’n entjie stroomop ’n veilige deurkomplek gekry.
Volgens Johann het die rivier drie jaar gelede ’n duin wat in die riviermond gelê het, weggespoel en weer die see bereik.
“Vanjaar het die rivier reeds drie keer die see bereik,” het hy gesê.
Volgende was die Hoarusib, wat volgens Johann vir die laaste 15 jaar nie die see gehaal het nie. Vir sowat vier ure moes ons voor die rivier se uitmonding in die see wag.
Ons toerlede het op die oewer gesit met hul voete in die water en ’n goue koue in die hand. Nadat Leon Krause en Johann weer met die rivier op en deur geloop het, is besluit om deur te ry.
Op die geïdentifiseerde deurgangspunt is al die passasiers gevra om uit te klim en die rivier in te stap en die pad te merk wat die voertuie moes ry. Die bestuurders het tussen die padaanwysers deur van eiland tot eiland gery. Soms moes hulle staan en wag tot die branders verby was.
Effens stroomaf en ná meer as 200 meter aan die ander kant se oewer uitgery. Ons almal is ongeskonde deur die rivier onder die waaksame oë van nie net die toergidse nie, maar ook die padaanwysers.
Die Hoanib het baie breed afgekom en by die mond het verskeie sytakke gevorm wat van die pad weggespoel het. Die Huab en Ugab het ook dele van die pad verspoel, maar teen die tyd wat ons deur hulle gery het, het hulle nie meer sterk gevloei nie en die versigtige toergids wat riviere ken, het die taak maklik laat lyk.
Ook die Swakoprivier en die Kuisebrivier het beide die see ingeloop. Die Omarururivier het net duskant Hentiesbaai in die Omdeldam gevloei, wat beteken elke groot rivier wat die see langs die Namibiese kus kan bereik, het vanjaar die see bereik – iets wat sover mense kan onthou nog nie tevore gebeur het nie.
HISTORIESE BESIENSWAARDIGHEDE Die eerste oorblyfsel van ’n skeepswrak waar ons toer stilgehou het, is die Suiderkruis wat op 16 Januarie 1977 naby Möwebaai gestrand het.
Dié destyds moderne vissersboot was met ’n hoogs gesofistikeerde navigasiestelsel toegerus, maar het nogtans gestrand.
Volgende was die stukke van die B-34 Ventura Bomber waarmee kaptein Immins Naude in November 1942 naby die gestrande Dunedin Star in die Skedelkuspark geland het. Die vliegtuig het in die sagte duinsand gaan vassteek en Naude en sy drie bemanningslede is later saam met die passasiers van die skip gered.
Tydens ’n tweede reis oorland na die vliegtuig in 1943 het Naude opgestyg nadat SAAF-werktuigkundiges die vliegtuig sover gekry het om te kan vlieg. Na net sowat 40 minute in die lug het die Ventura krag in die een enjin verloor en in die see gestort.
Naude en die twee werktuigkundiges is aan land gespoel. Een van die mans het die 60 kilometer na die Khumibrivier aangepak om die oorland konvooi voor te keer wat op pad terug Windhoek toe was nadat hulle die vliegtuig herstel het. Al drie die mans is gered.
Dié storie verduidelik hoekom die wrakstukke van die Ventura so ver vanaf die oorspronklike stranding by die Dunedin Star is.
Volgende is Rocky Point – ’n rotsformasie wat ’n sowat geskatte ses meter bo seeoppervlak in die andersins plat en kenmerklose sanderige kus uitstaan.
Rocky Point is loshande die mees prominente natuurlike landmerk aan die kus tussen Möwebaai en die Kunenerivier wat 250 km noordwaarts is.
By Rocky Point is die graf van Matthias Koraseb, ’n matroos wat op 6 Desember 1942 verdrink het nadat hy saam met ander bemanningslede vanaf die gestrande stoomsleepboot Sir Charles Elliot na die land geswem het. Koraseb het die strand bereik, maar het kort daarna gesterf.
Die sleepboot het drie dae tevore gestrand nadat hulle die Dunedin Star gehelp het en hulle op pad terug na Walvisbaai was. Twee bemanningslede, Koraseb en Angus McIntyre, het verdrink. McIntyre se liggaam is nooit gevind nie.
Die Dunedin Star was ’n Britse vrag- en passasierskip wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog gebruik is om voorraad vir troepe te vervoer. Die skip van 13 000 ton op 29 November 1942 sowat 40 kilometer suid van die Kunenemond met 106 passasiers aan boord (insluitend vroue, kinders, babas en bemanningslede) gestrand.
Die storie lui dat die Dunedin Star op onverklaarbare wyse aan die sink geraak het (moontlik weens ’n Duitse duikboot, of ’n botsing teen iets onder water). Hulle kon nie meer byhou om die water uit te pomp nie en die skeepskaptein moes noodgedwonge na die kuslyn koers kies.
Twee-en-veertig van die mense het die land gehaal, nadat die res aan boord van die Noorweegse vragskip Temeraire en Britse vragskip die Manchester Division geneem is.
Die sleepboot Sir Charles Elliott was een van dié wat gehelp het om mense van die gestrande boot na ander skepe te vervoer. Die B-34 Ventura Bomber, gevlieg deur kaptein Naude, was veronderstel om voorrade vir die gestrande mense uit die lug neer te laat.
Naude het egter besluit om te land om te probeer om die vroue, kinders en babas te red. Die vliegtuig het egter in die sand vasgesit en hy en drie bemanningslede was ook gestrand.
Die omgeskakelde mynveër die Nerine het intussen ook met voorrade vir die gestrande mense opgedaag. Hulle het ’n reddingsboot te water gelaat om die mense aan land te probeer red.
Die reddingsboot het omgeslaan en die poging het nie geslaag nie, maar Denis Scully het met ’n tou om sy middellyf aan land geswem en met behulp van die tou is 26 mense is gered, onder wie twee vroue en twee kinders.
Nog vliegtuie is vanuit Walvisbaai gestuur om voorrade en water vir die gestrande mense uit die lug uit af te lewer.
Al die oorblywende gestrande mense is deur kaptein Smith van die Suid-Afrikaanse polisie en sy konvooi van 11 voertuie gered. Ná 26 dae gestrand in die Skedelkuspark was al die mense veilig terug in Windhoek.
Van die skip self is vandag nie meer veel oor nie, maar die skuiling wat die oorlewendes gebou het, is steeds ’n duidelik uitkenbare bestemming vir besoekers. Hulle het houtplanke van ander gestrande bote gebruik om beskutting teen die son en wind te bou. Seile wat deur die vliegtuie afgegooi is, is ook gebruik.
Sidney Palmer, een van die passasiers, het op 20 November 2017 op die 75ste herdenking van die stranding ’n gedenkplaat by die skuiling opgerig.
As jy ’n hengeltoer na die Skedelkuspark oorweeg, is jy verseker van die avontuur van ’n leeftyd. By die standhoudende Kunenerivier kan jy letterlik op ’n eilandjie staan en binne ’n paar treë aan die een kant in die oseaan en aan die ander kant in die rivier hengel.
Die toer is ook propvol geskiedenis wat jy kan voel en sien terwyl jy ry deur die dorre landskap wat tog op sy eie manier ongelooflik mooi is.
Die Skedelkuspark en al sy geheime en besinningswaardighede is beslis ’n besoek werd en vra maar enigiemand: ’n avontuur van ’n leeftyd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie